Nuus 13:00
BULLETIN 26 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa beklemtoon die noodsaaklikheid van bande tussen Suid-Afrika en Amerika
# Die DA sê byna ‘n halfmiljard-rand word bestee aan die salarisse van 117 staatsondernemings se hoofde
# En tennis: Die Italianer Lorenze Musetti verbeter steeds op die wêreldranglys
# President Cyril Ramaphosa sê sy suksesvolle werksbesoek aan Amerika het die noodsaaklikheid bevestig om die gesprekskanale oop te hou. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief een van die belangrikste uitkomste van die gesprekke met president Donald Trump was ‘n ooreenkoms oor ‘n ekonomiese samewerkingskanaal tussen die twee lande vir verdere besprekings oor tariewe en ‘n wye reeks handelsake. Ramaphosa sê daar is potensiaal om handel tussen die twee lande te verhoog en uit te brei ten opsigte van veral gas, mynbou, landbou en kernkrag.
# Die DA sê hy is ontsteld oor die ongebreidelde besteding by staatsondernemings waar senior bestuurders steeds buitensporige salarisse ontvang ten spyte van swak prestasie en herhaalde reddingsboeie. Leah Potgieter van die party sê 13 regeringsdepartemente wat vir 117 ondernemings verantwoordelik is, bestee jaarliks meer as 400-miljoen-rand aan bestuurders se salarisse. Sy sê dis hoër as die Departement van Staatsdiens en Administrasie se salarisriglyne:
# SANParke vra besoekers om veiligheidswenke na te kom om te verseker dat hulle ‘n aangename ervaring in die Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad het. Woordvoerder JP Louw sê hulle het die naweek in twee afsonderlike voorvalle jong vroue gehelp wat in die nag op Vlaeberg en Leeukop gestrand was. Hy sê die voorvalle is kommerwekkend:
# Tennis: Die Italianer Lorenzo Musetti verbeter steeds op die wêreldranglys en het by die Noorweër Casper Ruud verbygeskuif in die sewende plek in die enigste verandering aan die top-tien met die aanvang van die Franse Ope. Nog ‘n Italianer, Jannik Sinner, is steeds boaan die lys sedert 10 Junie verlede jaar, gevolg deur Carlos Alcaraz van Spanje, Alexander Zverev van Duitsland, die Amerikaner Taylor Fritz, die Brit Jack Draper en die driemalige kampioen, Novak Djokovic van Serwië. Alex de Minaur van Australië en Holger Rune van Denemarke voltooi die top-tien.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-87-sent teen die dollar, 20-rand-35-sent teen die euro en 24-rand-25-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-978-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-331-dollar-82-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 64-dollar-48-sent per vat.
# En laastens, die tweede jaarlikse Khuma-rolpprentfees in Noordwes gaan die bekroonde en legendariese akteur, Moditle “Boikie” Pholo, vereer. Hy is veral bekend vir sy rol as Raitlhwana in the 1980’s sitkom, Lesilo Rula. Pholo spog met ‘n loopbaan van meer as vyf dekades en kry erkenning vir sy uitstaande bydrae tot die Suid-Afrikaanse rolprent- en televisiebedryf. Die driedaagse fees wat Woensdag in die Philemon Masinga-sportsaal begin, beloof om ʼn dinamiese geleentheid te wees wat Suid-Afrika se lewendige storievertel-tradisie vertoon.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….