Nuus 13:00
BULLETIN 20 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA sê Suid-Afrika staar ‘n immigrasiekrisis in die gesig
# NUMSA reageer op Nissan se plan om dalk aanlegte wêreldwyd te sluit
# En, Suid-Afrika se onder-20 sokkerkampioene is terug in die land
# ActionSA sê Suid-Afrika worstel met ‘n immigrasiekrisis wat buite beheer raak. Lerato Ngobeni van die party sê die land het ‘n grens vol gate, ‘n Departement van Binnelandse Sake wat ineenstort en ‘n regering wat die politieke wil verloor het om op te tree. Sy sê ActionSA het lankal gewaarsku dat onbeheerde en ongedokumenteerde immigrasie wetteloosheid aanwakker, openbare dienste oorweldig en toenemende spanning in gemeenskappe veroorsaak:
# Numsa sê hy neem met kommer kennis van mediaberigte dat Nissan planne het om van sy aanlegte, insluitend die in Suid-Afrika, te sluit as deel van ‘n kostebesparingsplan. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het geen formele kommunikasie of bevestiging ontvang nie en die inligting is slegs op mediaberigte gebaseer. Sy sê indien hierdie berigte waar is, word minstens 20-duisend werksgeleenthede bedreig:
# Gaza se burgerlike verdedigingsagentskap sê Israelse aanvalle het vandag minstens 44 mense regoor die oorloggeteisterde Palestynse gebied se lewens geëis. Israel het sy militêre offensief teen Hamas verskerp. Hulp het gister vir die eerste keer in meer as twee maande die Gaza-strook binnegegaan, na wye veroordeling van Israel se algehele blokkade wat tot tekorte aan kos en medisyne gelei het. Die Israelse weermag het Saterdag sy offensief in Gaza verskerp en gesê dit is gemik daarop om Hamas, die Islamistiese groep wat die Palestynse gebied beheer, te verslaan.
# Sokker: Amajita is vandag terug in die land as die kampioene van die Onder-20 Afrika-beker nadat hulle Marokko met 1–nul in die eindstryd in Kaïro, Egipte, geklop het. Dit is Suid-Afrika se eerste titel in die toernooi, 28 jaar nadat hulle in 1997 die laaste keer in die eindstryd gespeel het. Die agttienjarige Gomolemo Kekana het die wendoel aangeteken om die oorwinning te beklink. Die span het die individuele toekennings oorheers. Tylon Smith is aangewys as Beste Speler, terwyl Fletcher Lowe as beide Beste Doelwagter en Speler van die Wedstryd in die eindstryd aangewys is.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-5-sent teen die dollar, 20-rand-33-sent teen die euro en 24-rand-14-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 105-duisend-350-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-236-dollar-68-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-80-sent per vat.
# En laastens, die tweemalige Oscar-wenner, Denzel Washington, is Maandag verras met ‘n ere-Palme d’Or by die Cannes-rolprentfees in Frankryk ontvang uit erkenning vir sy uitstaande loopbaan. Die 70-jarige het die fees bygewoon vir Spike Lee se nuutste rolprent Highest 2 Lowest, waarin hy saam met A$AP Rocky, Jeffrey Wright en Ilfenesh Hadera speel. Ander wenners van die ere-Palme d’Or sedert dit die eerste keer in 2002 aangebied is, sluit in Jodie Foster, Harrison Ford, Clint Eastwood, en verlede jaar, Meryl Streep en George Lucas.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….