Nuus 13:00
BULLETIN 18 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Motsoaledi vra dringende ondersoek deur Gesondheidsombud oor dood van intern
# Forum eis optrede van minister Motswaledi oor vermeende misbruik van interns by sleutelhospitale
# En, Gholf: Scheffler speel briljante gholf om met drie houe by die VSA Ope voor te loop
# Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het sy kommer uitgespreek oor die dood van die intern Alulutho Mazwi by die Prince Mshiyeni-gedenkhospitaal in Umlazi, KwaZulu-Natal. Alhoewel daar nog geen amptelike verslag ontvang is nie, wil die minister hê dat die Gesondheidsombud die saak dringend ondersoek, en verwys na sy uitgebreide mediese agtergrond. Motsoaledi het sy meegevoel aan Mazwi se familie betuig en gesê hy hoop die ondersoek sal die waarheid agter die tragedie aan die lig bring. Motsoaledi woon tans die Wêreldgesondheidsvergadering by, wat op 27 Mei in Genève, Switserland eindig.
Daarbenewens doen die Forum for South Africa ’n dringende beroep op Minister van Gesondheid Aaron Motsoaledi om in te gryp by die Prince Mshiyeni-, Charlotte Maxeke- en Baragwanath hospitale ná die dood van ‘n intern-dokter Alulutho Mazwi. ‘n Woordvoerder van FOSA, Tebogo Mashilompane, blameer die streng en hardhandige behandeling deur toesighouers as ’n bydraende faktor tot Mazwi se dood. Die organisasie sê intern-dokters word aan misbruik, dreigemente en verwaarlosing blootgestel, en eis onmiddellike optrede van die gesondheidsowerhede:
# Die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Pretoria het die saak teen die voormalige Denel-voorsitter Lungisani Daniel Mantsha en oud- uitvoerende hoof Zwelakhe Ntshepe tot 30 Julie uitgestel. Dit sal die beskuldigdes in staat stel om die inhoud van die saakdossier en openbaarmakings te hersien. Hulle staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog en oortreding van finansiële wette, wat verband hou met die Denel Asia-ooreenkoms tussen 2014 en 2018. Henry Mamothame van die Direktoraat vir Ondersoek na Korrupsie sê hulle borgtog van 30-duisend-rand is verleng:
# In ’n indrukwekkende vertoning van vasberade gholf het Scottie Scheffler weereens gewys waarom hy die wêreld se nommer een speler is. Hy het die derde ronde van die 2025 Amerikaanse PGA-kampioenskap by Quail Hollow afgesluit met ’n voorsprong van drie houe ná ’n briljante arend op die 14de putjie. Suid-Afrika se Garrick Higgo het goed gespeel met vier houe onder baansyfer en is nou 13de, terwyl Christiaan Bezuidenhout gesamentlik 49ste is op ses houe oor baansyfer.
# Sokker: Crystal Palace het gisteraand by Wembley hul heel eerste groot trofee gewen ná ’n 1-0 oorwinning oor Manchester City in die FA-beker-eindstryd. Dit het ’n droogte van 119 jaar vir die Eagles beëindig. In die sestiende minuut van die wedstryd het vleuelverdediger Daniel Muñoz weggebreek aan die regterkant en die bal aangegee vir Eberechi Eze, wat met enkelskop‑afronding die wendoel aangeteken het. Dit is wat Crystal Palace se afrigter, Oliver Glasner, ná hul geskiedkundige oorwinning gesê het:
# En ten slotte: Pous Leo XIV het vandag sy eerste openbare voordrag gelewer tydens ’n plegtige liturgie op St. Petrusplein en in die basilika. Dit huldig die begin van sy Petrusbediening. Hy het ’n beroep gedoen op wêreldvrede, kerkeenheid en geregtigheid, en belowe het om saam met die Kerk as een liggaam te wandel. Die plegtige liturgie het die amptelike begin van sy pousskap ingelui, en het antieke simbole ingesluit – die Pallium en die Ring van die Visserman wat deur die pous gedra word en sy rol as opvolger van die apostel Petrus aandui.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….