Nuus 13:00
BULLETIN 10 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Polisie neem die Nigeriese evangelis Timothy Omotoso weer in hegtenis weens sy oortreding van die Immigrasiewet
# NERSA vra munisipaliteite om elektrisiteitstariewe op grond van hulle uitgawes te bereken
# En, ‘n Duiker sterf in ‘n voorbereidende operasie om die superjag van ‘n tegnologiereus uit die see te herwin
# Die Nigeriese televisie-evangelis Timothy Omotoso is vanoggend ná ‘n kerkdiens in Oos-Londen in die Oos-Kaap weer in hegtenis geneem vir die beweerde oortreding van die Immigrasiewet. Omotoso en sy medebeskuldigdes, Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho, is verlede maand onskuldig bevind op 32 aanklagte, insluitend verkragting, seksuele aanranding en mensehandel. Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die departement van Binnelandse Sake sal die publiek op hoogte hou
# Die Stad Tshwane het sy saak in die Arbeidshof oor die 2023-salarisvrystellings gewen. Cilliers Brink van die DA sê die raad se besluit om aansoek te doen vir vrystelling was baie moeilik, en is nie geneem om werknemers te tart of te straf nie. Hy sê die DA en sy koalisievennote was onder groot druk om aan die eise van die vakbond toe te gee, asook die van ActionSA, wat toe nog deel van die DA-koalisie was:
# Die Nasionale Energiereguleerder sê hy verwag dat alle munisipaliteite hul elektrisiteitstariewe bereken op grond van wat dit hulle kos om krag aan hul kliënte te voorsien. Nersa het die begin van die hersiening van aansoeke vir munisipale tariewe vir die 2025/2026-boekjaar aangekondig, wat op 1 Julie geïmplementeer gaan word. Die woordvoerder van die reguleerder, Charles Hlebela, sê NERSA het reeds 130 aansoeke ontvang, almal versterk deur studies oor voorsieningskoste:
# ‘n Duiker is Vrydag dood tydens voorbereidende operasies om die Britse tegnologiemagnaat Mike Lynch se superjag aan die noordkus van Sicilië uit die see te haal. Die Bayesian van 56 meter het in Augustus naby Palermo gesink toe ‘n stormsterk aflandige wind dit waarskynlik getref het. Sewe mense is dood. Die polisie sê die 39-jarige Nederlandse duiker het Vrydag verdrink terwyl hy onder water in Porticello was. Die jag sal na verwagting later die maand van die seebodem gelig word, wat meer lig behoort te werp op die verdwyning van ‘n sogenaamde onsinkbare vaartuig in die see.
# En ten slotte, rugby: Suid-Afrika se kanse is skraal om die Onder-20 Rugbykampioenskap te wen. Hulle speel môre in Gqeberha teen Nieu-Seeland in die laaste ronde en het minstens ’n bonuspunt-oorwinning nodig, terwyl hulle ook moet hoop dat Argentinië vir Australië klop. Die Baba-Bokke het hul eerste wedstryd teen die jong Pumas gewen, maar daarna ’n voorsprong van 17 punte teen die jong Wallabies verspil en 29–24 verloor. Argentinië sal moet herstel ná Dinsdag se vernederende nederlaag van 75–21 teen die Baby Blacks.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….