Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 4 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Binnelandse Sake se dienste is tydelik onbeskikbaar
# Alliansie staan regverdige lone en regte vir die informele sektor voor
# En, krieket: Nuweland se kolfblad in die kollig na die geskiedkundige 23-paaltjie-dag
# Die Departement van Binnelandse Sake sê sy dienste is tydelik nie beskikbaar nie weens ‘n tegniese kwessie wat die hoofraam van die Staatsinligtingstegnologie-agentskap raak. Die ontwrigting het ‘n uitwerking op die Nasionale Bevolkingsregister. Die departement se woordvoerder, Siya Khoza, verseker die publiek verdere inligting oor die onderbreking sal verskaf word terwyl pogings aangewend word om die tegniese probleem op te los:
# Die South African Rainbow Alliance staan die beskerming van werkers in die diensbedryf voor, met die fokus op kassiere, wagte, kelners, ontvangspersone en skoonmakers. SARA se doelwit is om die bekommernisse van gemarginaliseerde werknemers aan te spreek. Die party eis regverdige lone, onmiddellike nie-belasbare footjies vir kelners en omvattende voordele vir informele en diensbedryfwerkers. SARA se presidentskandidaat, Colleen Makhubele, vra ook verpligte, veilige vervoer na-ure vir werkers, en opleiding om hoflike en vriendelike diens te verseker. Sy moedig noodsaaklike regulasies en beleide aan om werkers se regte te beskerm te midde van misbehandeling in die bedryf.
# Die Stad Kaapstad sê sewe mense het sedert die begin van Desember by strande in die stad verdrink, terwyl een persoon wat in die see vermis geraak het, vermoedelik ook verdrink het. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê dit is jammer dat al hierdie tragiese voorvalle by strande plaasgevind het wat nié toegewysde swemgebiede is nie, of buite die vasgestelde tye wanneer lewensredders aan diens is:
# Krieket: Geskiedenis is gemaak op die eerste dag van die tweede toets tussen Suid-Afrika en Indië. Albei spanne het hul eerste beurt voltooi met ‘n rekord van 23 paaltjies wat gekantel het. Daar sal ongetwyfeld vrae gevra word oor die gehalte van die kolfblad wat deur hoof-terreinopsigter, Braam Mong, voorberei is. Die onsekerhede van kolfblad-voorbereiding lei dikwels tot verrassings. Die aard van die Nuweland-oppervlak en die feit dat albei spanne op die eerste dag gekolf het, sal ongetwyfeld die wenkbroue laat lig, veral by een van Suid-Afrika se voorste toets-krieketvelde.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-61-sent teen die dollar, 20-rand-39-sent teen die euro en 23-rand-64-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-934-dollar-74-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-47-dollar-62-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-19-sent per vat.
# En, om mee af te sluit: Die oud-Afrikaanse SAUK-omroeper en televisie-aanbieder, Edwill van Aarde, is na ‘n lang siekbed in die ouderdom van 85 in ‘n hospitaal in Krugersdorp oorlede. Hy het tydens sy loopbaan meer as 500 krieket- en 130 rugbywedstryde uitgesaai, asook 12 Comrades-marathons en vyf Wimbledon-manseindstryde. Hy was as televisie-aanbieder bekend vir die vasvraprogram Flinkdink. Hy word oorleef deur sy vrou Piena, sy kinders, Antoinette en Cobus, ses kleinkinders en twee agterkleinkinders.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….