Nuus 13:00
BULLETIN 27 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# GIWUSA sê die 1994-verkiesing het die rassistiese politieke orde afgebreek, maar ekonomiese vryheid ontbreek
# EFF dien hofdokumente in wat vra vir herbeplanning van die 2025-begroting
# En, die Polisiekommissaris Masemola ontmoet vandag die ondersoekspan en families van drie vermiste konstabels
# Die Algemene Nywerheidswerkersunie van Suid-Afrika sê terwyl die land vandag Vryheidsdag herdenk, het die 1994-verkiesings die rassistiese politieke orde afgebreek, maar die ekonomiese mag van wit kapitaal onveranderd gelaat. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei sê die onderhandelingsakkoord het eiendomsregte en monopolieë beskerm, en neoliberalisme gevestig as ‘n teen-revolusie in demokratiese gedaante. Hy sê welvaart is steeds in ‘n klein groep gevestig, en 72-persent van privaat grond is steeds in wit hande:
# Die EFF het aanvullende hofdokumente by die Wes-Kaapse Hoogeregshof ingedien om in te gryp in die voortgesette regsuitdaging met betrekking tot die fiskale raamwerk en belastingvoorstelle wat deur die Parlement aangeneem is. Die tesourier-generaal van die EFF, Omphile Maotwe, sê die ingryping is gegrond op die party se vasberadenheid om grondwetlike beginsels te handhaaf. Sy sê dit is ook om die Parlement te beskerm teen onwettige politieke manipulasie wat dreig om sy wetgewende mandaat te benadeel, en om Suid-Afrikaners te beskerm teen onregverdige belasting met ‘n ondeurdagte BTW-verhoging:
# Die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, en die Adjunk-Nasionale Kommissaris vir Misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, vergader vandag met die span wat betrokke is by die ondersoek na die verdwyning van drie polisiebeamptes. Woordvoerder van die Polisie, Athlenda Mathe sê Linda Cebekhulu, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge was in ‘n wit VW Polo van Bloemfontein na hul ontplooiingsgebied in Limpopo onderweg toe hulle verdwyn het. Sy sê hulle laaste bekende ligging was by die Engen-vulstasie op Woensdag naby die Grasmere-tolplaza op die N1:
# Die minister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, is uitgenooi om van vandag deel te neem aan die Harvard Ministerial Forum by Harvard Universiteit in Cambridge, Massachusetts, Amerika. Die program word gelei deur senior Harvard-fakulteitslede en voormalige regeringshoofde en ministers van regoor die wêreld, en is ontwerp vir regeringsleiers met koördinerende rolle om nasionale prioriteitsagendas aan te moedig. Die program bestaan uit leer- en uitruilgeleenthede vir ministers om daadwerklike instrumente te ontwikkel om transformasie gedurende hul ampstermyn te bewerkstellig.
# Atletiek: In die laaste individuele wedloop by die nasionale baan- en veldbyeenkoms in Potchefstroom gister, het Maxime Chaumeton van Suid-Afrika, Adriaan Wildschutt wat die gunsteling voor die wedloop was, verras om die mans vyf-duisend meter titel in te palm. Chaumeton is vir ‘n aantal jare een van die land se top langafstand atlete, maar die Olimpiese tien-duisend meter finalis, Wildschutt, wat in die Verenigde State van Amerika woon, was op koers om nog rekords te oortref, na hy reeds verskeie nasionale rekords oor die drie-duisend-, vyf-duisend- en tien-duisend meter-afstande opgestel het.
# En laastens, die Stad Kaapstad se Direktoraat Gemeenskapsdienste en Gesondheid het in die afgelope vier maande 12 loopbaanekspo’s aangebied. Die ekspo’s, wat deur die Departement van Gemeenskaps-, Kuns- en Kultuurbou van die stad georganiseer is, het al bykans vyf-duisend-leerders bevoordeel. Lid van die Burgemeesterskomitee vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê meer biblioteke sal gedurende die loop van die jaar ekspo’s aanbied:
Bly ingeskakel vir meer nuus ………