Nuus 13:00
BULLETIN 26 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Sowat 200 000 woon pous Franciskus se begrafnis by waar hy as ’n pous tussen mense beskryf word
# Die ANC hou vol die regering van nasionale eenheid staan sterk
# En rugbynuus, drie spelers is terug by die Blitsbokke vir die LA-toernooi
# Tientalle leiers en hooggeplaastes, insluitend president Donald Trump van Amerika, Oekraïne se president Volodymyr Zelensky, en prins William het vandag by sowat 200-duisend roubeklaers op Sint Petrusplein aangesluit om afskeid te neem van pous Franciskus. Die eerste Latyns-Amerikaanse pous is Paasmaandag op 88-jarige leeftyd dood. Kardinaal Giovanni Battista wat die diens gelei het, sê pous Franciskus het tot sy laaste dag op aarde van homself gee. Hy sê hy was ‘n pous tussen mense met ʼn oop hart vir almal.
# Die ANC hou vol die regering van nasionale eenheid bestaan nog en alle partye is tot samewerking verbind. ʼn Afvaardiging ANC- en DA-leiers het Vrydag vergader om die jongste politieke verwikkelinge in die land te bespreek. Dit sluit die nasionale begroting en skrapping van die BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte in. Die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, het in ʼn onderhoud met die SABC ontken dat druk van groot sakeondernemings die rede is waarom die RNE nog bestaan:
# Die GOOD-party vra ʼn volledige, onafhanklike en deursigtige ondersoek na munisipale raadslede se beweerde inmenging in Stad Kaapstad se administratiewe prosesse. ʼn Onlangse interne nuusbrief van stadsbestuurder Lungelo Mbandazayo het kommer laat ontstaan dat raadslede inmeng by voorsieningskettingbestuur en die implementering van projekte. Volgens GOOD-woordvoerder Jonathan Cupido is daar ʼn toenemende kultuur van politieke intimidasie en korrupsie wat dringend aangespreek moet word:
# Die Demokratiese Republiek die Kongo en Rwanda het ʼn ooreenkoms onderteken om mekaar se soewereiniteit te respekteer en aan ʼn skietstilstand te werk. Die oostelike deel van die DRK is sedert Januarie betrokke in gevegte met die Rwandees-gesteunde M23-rebelle. Die ooreenkoms is in Washington onderteken deur die DRK en Rwanda se ministers van Buitelandse Sake, in die teenwoordigheid van hul Amerikaanse ampsgenoot, Marco Rubio. Hy sê die Verklaring van Beginsels baan die weg vir vrede, bestendigheid en vooruitgang in die streek:
# Rugby: Quewin Nortjé, Ronald Brown en Mfundo Ndhlovu keer terug na die Springbok-sewesspan vir volgende naweek se wêreldreeks-toernooi in Los Angeles, Amerika. Die trio het onlangse toernooie gemis weens beserings. Hulle vervang Donavon Don en Dewald Human, wat in Singapoer beseer is, en Sebastiaan Job, wat ‘n skorsing uitdien. Hoofafrigter Philip Snyman sê hulle sal die span versterk aangesien al drie wedstrydwenners is. Die Blitsbokke is tans vierde op die punteleer na Argentinië, Fidji en Spanje.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….