Nuus 13:00
BULLETIN 21 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Pous Franciskus sterf op 88 op Paasmaandag
# Minister Kubayi is vol vertroue dat Shepherd Bushiri spoedig uitgelewer sal word
# En, twee leeus word by Bosbokrand van kant gemaak nadat hulle vee vang
# Pous Franciskus is vanoggend in sy huis in die Vatikaan oorlede op 88. Kardinaal Kevin Farrell het die nuus aangekondig en die pous geloof vir sy lewenslange diens aan die Rooms-Katolieke Kerk en die armes. Franciskus is aan longontsteking dood nadat hy lank respiratoriese kwale onder lede gehad het. Hy is twee weke gelede uit ‘n hospitaal ontslaan. Hy is in 2001 deur Pous Johannes Paulus die tweede as kardinaal aangestel en het in 2013 pous geword. Franciskus het omvattende hervormings in die kerk ingestel, soos ‘n verantwoordbare Vatikaanse Burokrasie.
# Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, is vol vertroue dat die Nasionale Vervolgingsgesag en wetstoepassingsagentskappe die voortvlugtige Shepherd Bushiri nog vanjaar uitgelewer sal kry. Hy het in 2020 na sy geboorteland, Malawi, gevlug terwyl hy op borgtog was nadat hy aangekla is van onder meer verkragting en geldwassery uit 2016. Kubayi het teenoor Newzroom Afrika bevestig dat die regering in die finale stadium is met die proses om te verseker dat Bushiri na Suid-Afrika terugkeer sodat die reg sy gang kan gaan:
# Die Zion Christian Church het sy lede gevra om padreëls te gehoorsaam met hul terugtog vanaf die Moria-saamtrek in Limpopo. Die byeenkoms het weer vanjaar plaasgevind ná ‘n afwesigheid van vyf jaar weens die Covid 19-pandemie. Die ZCC se woordvoerder, Moatshe Ngoepe, sê die kerk het om veiligheidsredes smouse verbied om langs die R71 by Moria sake te doen om te verseker dat voetgangers bepaalde oorgange oor die pad gebruik. Owerhede waarsku intussen dat die verkeer op verskeie roetes sal toeneem namate pelgrims terugkeer huis toe.
# Krieket: Virat Kohli en Devdutt Padikkal het die Royal Challengers Bengaluru gehelp om ‘n oorwining van sewe paaltjies oor Punjab Kings te behaal in die Indiese Premierliga. Kohli het ‘n onoorwonne 73 aangeteken, terwyl Padikkal 61 bygedra het. RCB het die teiken van 158 behaal met net drie paaltjies plat en sewe balle oor. Punjab het vroeër 157 vir ses behaal. Prabhsimran Singh se 33 was die hoogste telling, terwyl Krunal Pandya en Suyash Sharma elk twee paaltjies ingeoes het. RCB is nou derde op die punteleer.
Mumbai Indians het Chennai Super Kings intussen met nege paaltjies afgeransel in hul IPL-kragmeting in Wankhede. Chennai het ‘n stewige 175 vir vyf aangeteken danksy ‘n onoorwonne 53 deur Ravindra Jadeja en 50 deur Shivam Dube. Jasprit Bumrah het twee paaltjies geneem. Rohit Sharma en Suryakumar Yadav het daarna met onderskeidelik 76 en 68 gehelp dat Mumbai sy teiken in die 16de boulbeurt bereik met net een paaltjie plat. Mumbai is steeds sesde op die punteleer, en Chennai tiende.
# En, twee leeus is by Huntington in Bosbokrand, Mpumalanga, van kant gemaak ná ‘n weeklange optrede deur Mpumalanga-toerisme, SANParke en hul vennote. Die diere het vee gevang. SANParke se woordvoerer, Simphiwe Shingube, sê die digte plantegroei en die voortgesette bedreiging teen beeste het hulle genoop om die moeilike besluit te neem. Owerhede het Donderdag ‘n derde leeu gevang. Shingube sê ‘n nóg ‘n leeu is opgemerk en inwoners moet hulle inlig as hulle hom gewaar en nie self optree nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….