Nuus 13:00
BULLETIN 20 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Departement van Justisie veroordeel Shivambu nadat hy voortvlugtende Bushiri in Malawi besoek
# Zelensky voer aan Rusland sit aanvalle voort ondanks verrassende Paas-wapenstilstand
# En die TV-sokker-skeidsregter kom tot redding van Orlando Pirates in CAF-Kampioeneliga-halfeindstryd
# Die Departement van Justisie het sekretaris-generaal van die MK Party, Floyd Shivambu, veroordeel omdat hy ‘n Paasnaweekdiens wat deur voortvlugtende Shepherd Bushiri in Malawi gelei is, bygewoon het. Bushiri en sy vrou het in 2020 uit Suid-Afrika gevlug en staar ernstige aanklagte in die gesig, insluitend verkragting en bedrog. Minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, het Shivambu se besoek as oneerbiedig teenoor die regstelsel beskryf, veral aangesien die regering steeds probeer om die egpaar na Suid-Afrika uit te lewer sodat geregtigheid kan geskied.
# Die Vereniging van Staatsamptenare in Gauteng het sy kommer uitgespreek oor die brand by die Ongeluk- en Noodafdeling van die Tembisa-hospitaal. Die Gautengse Departement van Gesondheid en Welstand het bevestig dat alle pasiënte veilig ontruim is, terwyl die oorsaak van die brand steeds ondersoek word. In ’n gesprek met Newzroom Afrika waarsku Madimetja Mautla van die vakbond oor die hospitaal se voortdurende nie-nakoming van beroepsgesondheid- en veiligheidstandaarde wat pasiënte se lewens in gevaar stel:
# Die President van die Oekraïne, Volodymyr Zelensky, sê Russiese magte het steeds hul bombardering en aanvalle voortgesit, ten spyte daarvan dat die Russiese president, Vladimir Putin, ’n verrassende, maar kort, Paas-wapenstilstand aangekondig het. The 30-uur lange wapenstilstand sou die mees noemenswaardige onderbreking in gevegte in die drie-jaar lange oorlog gewees het maar net ure nadat die bevel in werking sou tree, het lugaanvalsirenes in Kyiv en verskeie ander Oekraïense streke geloei. Zelensky beskuldig Rusland daarvan dat aanvalle nooit gestaak is nie.
# Sokker: Die Video-skeidsregter het tot die redding van Orlando Pirates gekom in sy wedstryd teen Pyramids FC van Egipte. Pirates en Pyramids het in die eerste been van hul CAF Kampioeneliga-halfeindstryd by die FNB-stadion, nul-elk geëindig. Pyramids het die bal in die 88ste minuut in die doelhok gehad na ‘n defleksie van Sodiq Ougola, maar dit is afgekeur nadat ’n video-ontleding gewys het die bal het ‘n speler se hand geraak. Daar is dus geen doele in albei van die halfeindrondes aangeteken nie. Sundowns en Pirates reis nou na Egipte vir Vrydag se deurslaggewende wedstryde.
# Sokker: Liverpool se bestuurder, Arne Slot, sê hul hooffokus is nie op die Premierliga-titel nie, maar om te verseker dat hulle vandag hul beste lewer teen Leicester City en die wedstryd wen. Dit is wiskundig moontlik vir Liverpool om vandag die titel in te palm indien hulle Leicester klop en as Arsenal teen Ipswich Town verloor. Die Reds benodig ‘n maksimum van ses punte uit hul oorblywende ses wedstryde om die titel te verower. Slot sê dit was nie moeilik om sy spelers gefokus te hou nie:
# En laastens, die bekroonde musiekblyspel, Chicago, gaan vanjaar Suid-Afrikaanse gehore bekoor met ‘n volledig Suid-Afrikaanse rolverdeling. Die produksie word van 27 Augustus tot 28 September in die Kunstekaap-teater in Kaapstad opgevoer, en daarna vanaf 3 Oktober tot 9 November in die Teatro by Montecasino in Johannesburg. Chicago, wat bekend is vir sy jazz-treffers soos All That Jazz en Cell Block Tango, lewer sterk kommentaar oor roem en korrupsie. Die musiekblyspel spog met ses Tonys, twee Oliviers, een Grammy, twee Baftas en ses Oscar-toekennings.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….