Nuus 13:00
BULLETIN 19 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Dirco beskuldig die nuuswebwerf Semafor van uitgedinkte aanhalings oor Mcebisi Jonas
# Verbruikers is aangemoedig om waaksaam te bly namate bankkaart-swendelary toeneem
# En Krieket: Dewald Brevis van SA sluit aan by die Chennai Super Kings
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ontken die nuuswebwerf Semafor se aansprake rakende ‘n onderhoud met president Cyril Ramaphosa se spesiale gesant in die VSA, Mcebisi Jonas. Die departement beskuldig die publikasie dat hy aanhalings uitgedink het wat na bewering deur Jonas gemaak is, in pogings om verkeerde inligting oor Suid-Afrika in Amerika aan te spreek. Hy sê die stellings wat aan Jonas toegeskryf word, weerspieël nie sy sienings nie en stem nie ooreen met enige werklike onderhoud nie, omdat so ‘n gesprek nooit plaasgevind het nie.
# Kenners waarsku dat bankkaart-bedrogsindikate toeneem en niksvermoedende verbruikers teiken. Misdadigers gebruik kubermisdaad om toegang tot persoonlike data en bankrekeninge te verkry. World Wide Worx moedig reisigers en kopers aan om waaksaam te bly aangesien bedrieërs aanlyn inkopiegewoontes uitbuit. Athaly Khan van Standard Bank, het in gesperk met die SABC gewaarsku teen vals advertensies oor aanlyn transaksies en OTM-kaartklonings:
# AfriForum Jeug eis toegang tot die Noordwes-Universiteit se volledige ondersoekverslag oor die ontwrigting in die Eikenhof-vrouekoshuis verlede Sondag. Dit volg ná bewerings van ‘n sangoma-seremonie in die koshuis, met studente wat ontstellende gille gerapporteer het. Die universiteit het intussen die bewering ontken, maar Yvonne Gerber van AfriForum vra egter ‘n duidelike beleid oor kulturele praktyke in koshuise, deursigtigheid en trauma-ondersteuning vir studente wat geraak is:
# Die Hoogste Hof in Amerika het president Donald Trump se administrasie beveel om die deportasie van Venezolaanse mans in immigrasie-aanhouding in die noorde van Texas tydelik te staak. Die mans word beskuldig dat hulle deel is van ‘n Venezolaanse bende. Van die 261 mans wat vanaf 8 April na ‘n berugte tronk in El Salvador gedeporteer is, is 137 verwyder ingevolge die omstrede Wet op Onwettige Immigrante. Die American Civil Liberties Union sê die mans wat in Texas aangehou is, het in gevaar verkeer om die res van hul lewens sonder behoorlike prosesse in ‘n wrede gevangenis deur te bring.
# Krieket: Die Chennai Super Kings het ‘n kontrak geteken met die Suid-Afrikaner Dewald Brevis om vir die res van hierdie jaar Gurjapneet Singh se plaasvervanger te wees in die Indiese Premierliga, nadat Singh ‘n besering opgedoen het. Hy sluit by CSK aan vir sowat 4,8-miljoen rand. Die 21-jarige het vorige ondervinding van die IPL, nadat hy die Mumbai Indians in 2022 en 2024 verteenwoordig het. Brevis het reeds 81 T20’s in sy loopbaan gespeel. Die Super Kings is tans onderaan die IPL-puntelys, met net twee oorwinnings uit sewe wedstryde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….