Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 2 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Goeie nuus oor brandstofpryse
# Die N3-tolkonsessie is bekommerd oor padongelukke op die N3-tolpad
# en Krieket: Dean Elgar wil sy toetsloopbaan afsluit met ‘n reeksoorwinning oor Indië
# Die minister van Minerale Bronne en Energie, Gwede Mantashe, het aanpassings aan brandstofpryse aangekondig wat vanaf môre geld. Volgens die bestuurder van die departement se Energie-afdeling, Robert Maake, daal pryse hoofsaaklik weens ‘n daling in die prys van ru-olie. Maake sê motoriste kan ‘n voordeel verwag aangesien die heffing van die staatsoliefonds van môre af daal vanaf 26,32- tot nul-sent-per-liter. Hy sê die aanpassing weerspieël die huidige plaaslike en internasionale faktore wat brandstofpryse beïnvloed:
Intussen sê die N3-tolkonsessie die groot getal ernstige en noodlottige padongelukke dié feestyd op die N3-tolroete tussen KwaZulu-Natal, en in die Vrystaat en Gauteng is kommerwekkend. Die bedryfsbestuurder, Thania Dhoogra, sê die ongelukke veroorsaak erge spanning vir die betrokke families en ook vir lede van die nooddienste wat op hierdie grusame ongelukstonele moet reageer. Dhoogra sê besige verkeerstoestande word van vandag af op die N3-noord na Gauteng verwag:
# Oudpresident Jacob Zuma het die ANC betig oor sy gebrekkige reaksie op kiesers se bekommernisse. Hy het die naweek in Pietermaritzburg by die Moses Mabhida-eeufeesviering gepraat. Zuma sê mense het voor en na die plaaslike verkiesing in 2021 die ANC gewaarsku om nie Cyril Ramaphosa as leier te kies nie, maar die waarskuwings is geïgnoreer. Hy het ook erken dat hy sedert Januarie in die geheim met pastore en tradisionele leiers in gesprek was as veldtogvoerder vir die M-K-party. Zuma voeg by die enigste tyd om die land te red, is nou.
# Krieket: Die Proteas se waarnemende kaptein, Dean Elgar, hoop om sy toetsloopbaan op ‘n hoogtepunt af te sluit deur ‘n reeksoorwinning oor Indië te verseker. Die tweede en laaste toets begin môre op Nuweland in Kaapstad nadat Suid-Afrika die eerste toets in Centurion binne drie dae met ‘n beurt en 32 lopies beklink het. Elgar het die kapteinskap oorgeneem nadat Temba Bavuma beseer is. Die 36-jarige Elgar, wat sy toets-uittrede voor die eerste toets aangekondig het, het ‘n briljante 185 aangeteken in die Proteas se enigste beurt op SuperSportpark.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-29-sent teen die dollar, 20-rand-19-sent teen die euro en 23-rand-32-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 45-duisend-762-dollar-78-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-74-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-49-sent per vat.
# Ten slotte: Dis vandag die somber twee-jaar herdenking van die tragiese brandstigting in die Nasionale Vergadering-gebou. Die Hooggeregshof in Kaapstad het die beweerde brandstigter, Zandile Mafe, ongeskik verklaar om tereg te staan. ‘n Onafhanklike ondersoek in opdrag van die Parlement het onthul die brand kon voorkom gewees het as die Parlementêre Beskermingsdiens oor daardie langnaweek aan diens was. In reaksie is nege beamptes voorwaardelik geskors weens beweerde sekerheidsverbreking.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….