Nuus 13:00
BULLETIN 15 April 1nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Oud-hoofregter Zondo ten gunste van Parlement waar geen party volstrekte meerderheid het nie om korrupsie te bekamp
# Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die deursigtige aanstellingsproses van ‘n nuwe kommissaris vir kinders
# En die Sterkfontein-grotte heropen vir die publiek na drie jaar
# Die voormalige hoofregter, Raymond Zondo, sê ‘n Parlement waar geen party ‘n volstrekte meerderheid het nie kan help om te verhoed dat korrupte leiers beskerm word. Hy het op die Nelson Mandela-Universiteit se teenkorrupsie-konferensie aangedring op strenger wette, die beskerming van verklikkers en vroeë ingryping. Zondo het ook die aanstelling van amptenare met bewerings teen hulle veroordeel en waarsku teen die verheerliking van hierdie mense. Hy beklemtoon etiese leierskap en aanspreeklikheid is die sleutel tot die land se bestuur.
# Die DA in die Wes-Kaap sê hy ondersteun die besluit van die wetgewer se staande komitee oor die Premier en Grondwetlike Aangeleenthede om openbare onderhoude te voer vir die aanstelling van ‘n nuwe kommissaris vir kinders in die provinsie. Die onderhoude vind vandag en môre in die openbaar plaas. Benedicta van Minnen van die DA sê kinderregte soos in Artikel 28 van die Grondwet uiteengesit en deur ʼn reeks wette ondersteun word, word dikwels in beleidsbesluite geïgnoreer:
# Die eThekwini Munisipaliteit versoek inwoners om uiters versigtig te wees tydens die gure weerstoestande wat tot môre sal voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n vlak 4-weerwaarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën en wydverspreide buie in die hele KwaZulu-Natal. Die munisipaliteit se woordvoerder, Gugu Sisilana, sê die aanhoudende reën kan lei tot die oorstroming van paaie en nedersettings, gevaarlike bestuurstoestande, skade aan infrastruktuur en die vernietiging van modderhutte:
# Gholf: Die nuut-gekroonde Meesters-kampioen Rory McIlroy het sy joggie geprys nadat hy Sondag gewen het om ‘n loopbaan-Grand Slam te behaal, en sê hy sou dit nie kon doen sonder die hulp van sy jarelange vriend Harry Diamond nie. Die twee is vriende sedert hul kinderjare, en Diamond was McIlroy se strooijonker op sy troue in 2018. Hy sê die oorwinning is net so veel Diamond s’n as syne. Diamond, ‘n voormalige amateurspeler, sal ten minste tien-persent van McIlroy se wengeld van 79,5-miljoen-rand ontvang.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-80-sent teen die dollar, 21-rand-33-sent teen die euro en 24-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 85-duisend-936-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-228-dollar-84-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 64-dollar-42-sent per vat.
# En ten slotte: Die wêreldberoemde Sterkfontein-grotte in die Wieg van die Mensdom-wêrelderfenisterrein in Gauteng heropen vandag vir die publiek. Dit is in Julie 2022 gesluit ná swaar reën en oorstromings kommer oor mense se veiligheid laat ontstaan het. Die terrein het belangrike mensagtige fossiele opgelewer, soos Mev Ples en Little Foot. Die grotte is ʼn dinamiese plek vir wetenskap, ontdekking en onderwys, en lok jaarliks meer as 80-duisend besoekers.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….