Nuus 13:00
BULLETIN 13 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sê DIRCO moet diplomaat afdank wat belastingbetalers 800-duisend-rand skuld weens vandalisme
# Die EFF veroordeel Parlementslede se besoek aan Israel en noem dit ‘skandelik’
# En Tennis: Dit is Alcaraz teen Musetti van Italië in die Monte Carlo Meesters-eindstryd
# Die DA doen ‘n beroep op die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, om onmiddellik die Suid-Afrikaanse diplomaat en advokaat, David Nkosi wat in Suid-Afrika se buitelandse diens is, af te dank en hom te herroep. Die DA-lid, Ryan Smith sê ‘n antwoord op die party se Parlementêre vraag het onthul dat Nkosi herontplooi is as die politieke raadgewer by die Suid-Afrikaanse ambassade in Amman, Jordanië. Dit is ondanks die feit dat hy die departement net minder as 800-duisend-rand skuld vir skade wat aangerig is by gehuurde eiendomme in Oostenryk en Indië, waar hy voorheen ontplooi was:
# Die EFF veroordeel die besoek van Parlementslede van die DA, die Patriotic Alliance en die African Christian Democratic Party aan Israel en noem dit skandelik en verraderlik. Die EFF sê hul sogenaamde feitesending is niks minder as verraad teen alle onderdrukte mense in die wêreld nie. Hy het bygevoeg LP’s wat verkies om met die Israeliese president Isaac Herzog, ‘n belangrike politieke figuur in die massaslagting, te vergader, laat ‘n vlek op demokrasie in Suid-Afrika.
# Die DA in Johannesburg het geskryf aan die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, om sy ingryping te eis in wat hy, die stad se voortgesette oortreding van Artikel 56 van die Munisipale Stelselswet, noem. Die DA beweer die waarnemende bedryfshoof, Helen Botes, is sonder die goedkeuring van die raad aangestel:
# Die Kommunistiese Party van Swaziland doen ‘n beroep vir omvattende politieke verandering om ware demokrasie te vestig en die regte van alle burgers in Eswatini te verseker. Die party het gister 52 jaar van die berugte 1973-bevel herdenk wat politieke partye verbied en koning Mswati III se absolute monargie tot stand gebring het. Die party se internasionale sekretaris, Simphiwe Dlamini, sê dit is noodsaaklik dat partye en media ontban word vir die bevordering van ‘n demokratiese omgewing. Hy voeg by burgers moet hul politieke sienings kan lug sonder die vrees van vergelding:
# En Tennis: Carlos Alcaraz het vir die eerste keer sy plek verseker in die eindstryd van die Monte Carlo-meesterstoernooi met ‘n oortuigende oorwinning van 7-6, 6-4 oor sy mede-Spanjaard, Alejandro Davidovich Fokina. Hy pak die Italianer Lorenzo Musetti in vandag se eindstryd nadat die 13de gekeurde teruggeveg het en die Australiese agtste gekeurde Alex de Minaur met 1-6, 6-4, 7-6 in die tweede halfeindstryd geklop het. Alcaraz, ‘n viermalige Grand Slam-kampioen, mik na sy eerste Meesterstoernooi-titel sedert hy verlede jaar op Indian Wells gewen het, en ná sy eerste wen op ‘n kleibaan sedert die Franse Ope in 2024.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….