Nuus 13:00
BULLETIN 7 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Polisie verduidelik DNS-verwarring in Cwecwe-verkragtingsondersoek
# Die Nasionale Raad van Provinsies sal hibriede sittings oor nasionale sleutelkwessies hou
# En Suid-Afrika se onder 17-seuns kwalifiseer vir die Wêreldbekertoernooi
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het verduidelik daar is nie DNS-monsters geneem van ‘n derde persoon gekoppel aan die sewejarige Cwecwe se verkragtingsaak nie. Die meisie is na bewering in Oktober verlede jaar by ‘n skool in Matatiele in die Oos-Kaap verkrag. Die Ministerie van Polisie sê die aanvanklike opmerkings dat geen DNS geneem is nie, is verkeerd vertolk. Twee DNS-monsters is ingesamel, met verdere toetse wat aan die gang is. Die ministerie het sy verbintenis tot ‘n deeglike ondersoek bevestig en mense versoek om versigtig te wees vir waninligting.
# Die Nasionale Raad van Provinsies sal hierdie week drie hibriede sittings hou om mosies, komiteeverslae en nasionale kwessies te bespreek. Sleutelonderwerpe sluit in ‘n debat oor 31-jaar van demokrasie, met die fokus op gesamentlike pogings om ‘n nuwe samelewing te skep, geanker in die ideale van die Vryheidsmanifes. Die raad sal ook die oorsigverslae van verskeie komitees oorweeg, soos verslae oor onvoldoende behuising en informele nedersettings. Verder sal maatreëls bespreek word om armoede en hongerte te bekamp, met die klem op die blywende nalatenskap rondom hierdie kwessies in Suid-Afrika.
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement, in samewerking met die Mediese Buro vir Beroepsiektes, het die registrasieperiode vir gewese mynwerkers in die Wes-Rand-distrik verleng. Dis deel van ‘n program om oudmynwerkers op te spoor wat moontlik vir maatskaplike voordele in aanmerking kom weens werkverwante siektes, en voorsorg- en pensioenvoordele wat dalk aan hulle verskuldig is. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê weens die groot getalle sal registrasie tot Vrydag voortgaan:
# Sokker: Die Onder-17 Suid-Afrikaanse nasionale seunspan het gekwalifiseer vir die Wêreldbekertoernooi in Katar in November – die eerste keer sedert 2015. Afrigter Vela Khumalo se span het hierdie deurbraak behaal as naaswenners in Groep B met Burkina Faso as groepswenner in die Afrikabekertoernooi wat tans in Marokko plaasvind. Suid-Afrika is die vierde keer deur na die toernooi se uitklopfase. Khumalo sê hy is verheug namens sy spelers:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-37-sent teen die dollar, 21-rand-26-sent teen die euro en 24-rand-92-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 75-duisend-917-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-25-dollar-49-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 62-dollar-92-sent per vat.
# En laastens, die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het beklemtoon die land se gesondheidsorgstelsel word deur verskeie uitdagings geteister, insluitend personeeltekorte, ‘n gebrek aan geriewe en swak bestuur. Die wêreld herdenk vandag Wêreldgesondheidsdag. SAMA se voorsitter, Mvuyisi Mzukwa, het teenoor Newzroom Afrika swak toegang tot medikasie en finansiering uitgelig. Hy het die behoefte aan bewusmakingsveldtogte oor gesonde lewe beklemtoon, ten einde druk op die stelsel te verlig:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….