Nuus 13:00
BULLETIN 31 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Vereniging van Staatsamptenare steun die Reserwebank se bereidwilligheid om weer na inflasieteikens te kyk
# Minister George sê Suid-Afrika se kuslyn is ‘n nasionale bate wat bedreig word
# En Wes-Kaapse ouers van meer as 33-duisend Graad 7s word gevra om aansoek te doen vir die volgende skooljaar
# Die Vereniging van Staatsamptenare het sy steun uitgespreek vir die Reserwebank se bereidgewilligheid om sy benadering tot die inflasieteiken te heroorweeg. Die vereniging het die sentrale bank lankal aangemoedig om beleidsveranderings te oorweeg om ekonomiese groei te steun en finansiële druk op verbruikers te verminder. Die VSA glo inflasiedoelwitte kan pryssekerheid bevorder, beleggings aanmoedig en die bank se geloofwaardigheid verbeter. Strukturele uitdagings soos werkloosheid bestaan steeds, en woordvoerder Claude Naicker bepleit deursigtige gesprekke en beleidsingryping.
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, beklemtoon die belangrikheid van die beveiliging van Suid-Afrika se kuslyn van drie-duisend-592-kilometer, terwyl sy potensiaal vir regverdige welvaart, klimaatveerkragtigheid en gesonde ekologie ontsluit word. Die minister het onlangs die 2025-2030 Nasionale Kusbestuursprogram bekendgestel. Die departement se woordvoerder, Thobile Zulu-Molobi, sê minister George benadruk die dringendheid van die program wat die fokus plaas op die land se kuslyn as ‘n nasionale bate wat bedreig word:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, sê meer as 33-duisend leerders wat tans in Graad 7 is, se ouers het nog nie aansoek gedoen vir ‘n plek in Graad 8 vir die volgende skooljaar nie. Die provinsie is reeds halfpad verby die sperdatum van sy toelatingsgleuf vir 2026. Maynier het laerskole aangeraai om die Graad 7-leerders wie se ouers nog nie aansoek gedoen het nie, te kontak om hulle te herinner:
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sluit nie die moontlikheid uit om vir ‘n derde termyn te dien nie, en sê daar is maniere wat hy kan gebruik om dit te bewerkstellig. Dit is ondanks die 22ste Wysiging van die Amerikaanse Grondwet wat bepaal dat geen persoon meer as twee keer tot die pos van president verkies mag word nie. Trump sê dit is veels te vroeg om te dink aan ‘n poging om die beperking van twee termyne te omseil:
# Motorsport: Die plaaslike bestuurder Yuki Tsunoda mik vir ‘n podiumplek in sy tuis-Grand Prix op Suzuka in Japan nadat hy onverwags ‘n sitplek by Red Bull ontvang het. Hy het Liam Lawson van Nieu-Seeland vervang, wat na ‘n teleurstellende begin van sy Formule Een-loopbaan na Red Bull se tweede span, Racing Bulls, geskuif is. Tsunoda, wat nou saam met die Nederlandse wêreldkampioen Max Verstappen sal jaag, sê hy wil onmiddellik indruk maak nadat hy in sy vier vorige seisoene nie ‘n podiumplek kon behaal nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-27-sent teen die dollar, 19-rand-78-sent teen die euro en 23-rand-64-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-en-64-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-119-dollar-48-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-98-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….