Nuus 13:00
BULLETIN 30 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Amerika skop nou ook Suid-Afrika se militêre attaché uit
# DA sê Sassa en Postbank se wanbestuur met kaartmigrasieproses vererger
# En rugby: Springbok-ster Damian Willemse moontlik op pad na verre lande
# Twee weke nadat die SA-ambassadeur Ebrahim Rasool uit die VSA verban is, is Suid-Afrika se militêre attaché, brigadier Richard Mapoyana, ook uit sy pos ontslaan. Hy het sedert 2021 in die pos gedien. Volgens Rapport is sy assistente ook nie meer welkom in die land nie. Chrispin Phiri, woordvoerder vir Internasionale Verhoudinge en Samewerking, het gisteraand aan die koerant gesê dat die aksie teen Suid-Afrika se militêre verteenwoordigers kom terwyl Trump alle bestaande ooreenkomste met Suid-Afrika hersien.
# Die DA sê die mislukking van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid en Postbank om die kaartmigrasieproses behoorlik te bestuur, het ‘n situasie vererger wat alreeds kritiek vir Suid-Afrika se mees kwesbare burgers is. Postbank se uitvoerende hoof, Nikki Mbengashe, het Vrydag aangekondig dat die goue kaart geldig sal bly tot einde Mei vir begunstigdes om hulle SASSA-toelaes te onttrek. Wendy Kaizer-Philander van die DA sê die oorgang is nie ‘n onbenullige saak nie:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n vlak 2 waarskuwing uitgereik vir swaar donderstorms, wydverspreide reëns en donderbuie vandag van 12-nm tot middernag regoor KwaZulu-Natal. Motoriste word aangeraai om uiters versigtig te wees en ‘n veilige volgafstand te handhaaf wanneer hulle op nat paaie bestuur. Gugu Sisilana, woordvoerder van die eThekwini Munisipaliteit sê die rampbestuurspan is op bystand en monitor die voorspellings:
# Gaza se burgerlikverdedigingsagentskap hat aangekondig agt mense, insluitende vyf kinders het in ‘n Israelse lugaanval vroeër vandag op ‘n huis en ‘n tent met verplaaste mense, gesterf. Dit het gebeur terwyl Palestina die eerste dag van Eid al-Fitr vier. Hamas en Israel erken intussen hulle het ‘n nuwe wapenstilstandvoorstel van bemiddelaars ontvang wat gemik is op die beëindiging van vyandighede in Gaza tydens die vakansie. Intussen het die Israelse weermag gesê hy het ‘n missiel wat uit Jemen gelanseer is, afgeskiet nadat lugaanvalsirenes in verskeie areas van die land geaktiveer was.
# Rugby: Die Ierse span Leinster het blykbaar hulle visier op Springbok-ster Damian Willemse gestel as as ‘n moontlike plaasvervanger vir All Black Jordie Barrett wat die span verlaat. In wat nog ‘n merkwaardige slag vir die Ierse reus sal wees, is die tweemalige Rugby Wêreldbekerwenner op hul radar. RugbyPass bespiegel dat alhoewel Willemse tot 2027 onder kontrak by die Stormers is en een van die hoogsbetaalde spelers in die land is, kan hy moontlik weggerokkel word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….