Nuus 13:00
BULLETIN 24 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ANC sê stryd vir geregtigheid, gelykheid en menswaardigheid strek oor grense
# Die DA in die Wes-Kaap sê tronke is omskep in basisse vir georganiseerde misdaad
# En Afrika se sonkragoplewing word in 2025 verwag
# Die ANC het die onwrikbare solidariteit verwelkom wat progressiewe parlementslede van regoor die wêreld onder die vaandel van Progressive International getoon het. Meer as 100 lede van parlemente en wetgewers het Suid-Afrika se onafhanklikheid bevestig en die Amerikaanse president, Donald Trump, versoek om sy uitvoerende bevel van 7 Februarie terug te trek waarin alle hulp aan Suid-Afrika opgeskort word. Die ANC sê die groep se gesamentlike posisie herbevestig die onuitwisbare krag van internasionale solidariteit en is ‘n aanmaning dat die stryd om geregtigheid, gelykheid en menswaardigheid oor grense strek.
# Die DA in die Wes-Kaap sê tronke in dié provinsie is nie veilige rehabilitasiesentrums nie, maar eerder bevelsentrums vir bendegeweld en afpersing. Die inspekterende regter vir gevangenisse, Edwin Cameron, het onlangs bevraagteken of die Regterlike Inspektoraat vir Korrektiewe Dienste genoeg doen om toestande in tronke te verander. Nicholas Gotsell van die DA sê die Departement van Korrektiewe Dienste se versuim om noodsaaklike befondsde poste te vul, laat die inrigtings met te min hulpbronne:
# Afrika se sonkragsektor kan in 2025 groot groei ondervind, met nuwe aanlegte wat volgens vooruitskattings met 42-persent sal toeneem. Die Globale Sonkragraad sê ondanks ‘n verstadiging in Suid-Afrika, is daar vinnige uitbreiding in Wes-Afrika, met Ghana wat sy vermoë viermalig sal vermeerder tot 94-megawatt. Hoë kapitaalkoste bly egter ‘n uitdaging. Ontleders sê Amerika se beleidsveranderings sal nie Afrika se klimaatsprojekte in die wiele ry nie, maar laer finansieringskoste is die sleutel tot die ontsluiting van die vasteland se sonkragpotensiaal.
# Olimpiese Spele: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het Kirsty Coventry van Zimbabwe gelukgewens nadat sy die eerste Afrikaan en eerste vrou geword het om president van die Internasionale Olimpiese Komitee te word. McKenzie loof ook die uittredende president, Thomas Bach van Duitsland, en is hoopvol oor Afrika se toekoms in globale sport. Hy lig Suid-Afrika se plan uit om in 2036 die Spele aan te bied en beklemtoon die behoefte aan die beëindiging van apartheid in sport en die versekering van Afrika se insluiting in groot sportgeleenthede.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-18-sent teen die dollar, 19-rand-69-sent teen die euro en 23-rand-53-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 87-duisend-243-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-30-dollar-17-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-56-sent per vat.
# En laastens, die Gautengse wetgewer se komitee oor Gesondheid en Welstand is daartoe verbind om tuberkulose voorkeur te gee. Dis vandag Wêreld Tuberkulose-dag wat die stryd beklemtoon teen een van die wêreld se dodelikste aansteeklike siektes. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie eis tuberkulose jaarliks meer as 1,5-miljoen lewens. Die voorsitter, Ezra Letsoalo, sê almal moet saamwerk om dié siekte uit te roei en die uitkomste in openbare gesondheid te verbeter:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….