Nuus 13:00
BULLETIN 21 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Menseregtedag: Aktivis sê Suid-Afrikaners moet die regering se vooruitgang met die regte van leerders en onderwysers waardeer
# Die DA ondersteun die Presidensie se stap om die geskil oor Sandton-rylaan op te los
# En, Eskom sê hoë vlakke van beplande instandhouding sal tot vroeg in April voortduur
# Onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê, met die viering van Menseregtedag moet Suid-Afrikaners besef hoe veel die regering gedoen het om die regte van leerders en onderwysers binne die onderwyssektor te beskerm. Makaneta sê daar is geen twyfel dat die reg tot onderwys soos opgeteken in seksie 29 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika beskerm word. Hy sê hierdie reg het selfs uitgebrei na ongedokumenteerde kinders van wettige en onwettige immigrante:
# Die DA verwelkom die Presidensie se ingryping om die geskil rondom die hernoeming van Sandton-rylaan na die Palestynse aktivis, Leila Khaled op te los. Die party stem saam met die presidensie dat die hernoemingskwessie skadelik is vir Suid-Afrika se betrekkinge met die VSA. Die DA-lid, Emma Louise Powell, sê dit is ‘n positiewe stap om diplomatieke betrekkinge weer bestendig te kry, wat noodsaaklik is in ‘n tyd wanneer internasionale bande rustiger moet word:
# Eskom sê die hoë vlakke van beplande instandhouding by alle kragstasies sal tot vroeg in April voortduur. Beurtkrag is gister is opgeskort as gevolg van ‘n beperkte maar stabiele kragstelsel en voldoende noodreserwes. Eskom woordvoerder, Daphne Mokwena, sê vorige beurtkraggevalle vanjaar was hoofsaaklik as gevolg van onvoldoende noodreserwes wat weer aangevul moes word, ná verlengde vertragings om eenhede na instandhouding weer in diens te stel. Dit was egter gister nie die geval nie:
# The United Democratic Movement het president Netumbo Nandi-Ndaitwah geluk gewens met haar historiese verkiesing as die eerste vroue president van Namibië. Die party sê dit is ‘n belangrike gebeurtenis, nie net vir Namibië nie, maar vir die hele Afrika-kontinent, aangesien dit ‘n betekenisvolle stap vorentoe is in die bevordering van vroue in leierskap. Nqabayomzi Kwankwa van die UDM s sê haar verkiesing is ‘n toonbeeld van die mag van die demokrasie in Namibië en die groeiende erkenning van die belangrike rol wat vroue speel in die vorming van die toekoms van nasies:
# En Olimpiese Spele: Boks gaan teenwoordig wees op 2028 se Spele in Los Angeles nadat lede van die Internasionale Olimpiese Komitee eenparig het ten gunste daarvan gestem het. Dit beëindig jare se onsekerheid oor die sport se Olimpiese toekoms. Die insluiting volg nadat die IOK die bokskompetisie hanteer het op verlede jaar se Spele in Parys nadat hy die Internasionale Boksvereniging sy erkenning ontneem het oor versuim om te hervorm. Wêreldboks is intussen gestig, wat oor drie jaar in beheer gaan wees van die sport in die Amerikaanse stad.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….