Nuus 13:00
BULLETIN 17 Maart 1 m
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die SAOG en die Oos-Afrika Gemeenskap se ministers van Buitelandse Sake vergader in Harare oor die DRK-onttrekking
# Meer as ses-duisend mense word deur oorstromings geraak in eThekwini
# En, Amerikaanse ruimtevaarders keer terug aarde toe na hulle vir nege maande in die ruimte gestrand was
# Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sowel as die Oos-Afrika-Gemeenskap se ministers van Buitelandse Sake vergader vandag in Harare, Zimbabwe, ná die SAOG besluit het om sy soldate in fases te onttrek uit die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo. Angola se president en voorsitter van die Afrika-unie, João Manuel Gonçalves Lourenço, sal toesig hou oor die vredesproses. Intussen sal Zimbabwe en Kenia se ministers van Buitelandse Sake inligting verskaf oor besprekings rakende die streek se veiligheidsituasie namate pogings voortgaan om die konflikgeteisterde gebied bestendig te kry.
# Die burgemeester van eThekwini, Cyril Xaba, sê goeie vordering is gemaak om die meer as ses-duisend gesinne by te staan wat deur die onlangse oorstromings geraak is. Gure weer, insluitend swaar reën van 19 Februarie tot die naweek, het lewens geëis en infrastruktuur beskadig. Xaba sê hulle het ‘n veelhoekige benadering om te help met die hervestiging van inwoners wat dakloos gelaat is:
# Die Amerikaanse ruimtevaarders Butch Wilmore en Suni Williams keer môre terug aarde toe nadat hulle vir nege maande op die Internasionale Ruimtestasie gestrand was. Hulle sou aanvanklik net vir agt dae in die ruimte wees, maar is sedert Junie verlede jaar gestrand toe hulle Boeing Starliner-ruimtetuig aandrywingsprobleme ondervind het en die voertuig ongeskik verklaar is om hulle na die aarde terug te bring. Wilmore en Williams sal saam met ‘n Amerikaanse en ‘n Russiese ruimtevaarder met die SpaceX Crew Dragon terugkeer wat gister by die ruimtestasie aangekom het.
# Tennis: Die Russiese tiener Mirra Andreeva het met vyf plekke tot sesde op die wêreldranglys gevorder nadat sy gister die Indian Wells-meestertoernooi gewen het. Die 17-jarige het in die eindstryd met die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, afgereken nadat sy nommer-twee, Iga Swiatek van Pole, in die halfeindronde uitgeskakel het. Die Amerikaners Coco Gauff, Jessica Pegula en Madison Keys is onderskeidelik derde, vierde en vyfde. Die Italianer Jasmine Paolini het teruggesak tot sewende, gevolg deur Elena Rybakina van Kazakstan, Qinwen Zheng van China en nog ‘n Amerikaner, Emma Navarro.
# Tennis: Die Russiese tiener Mirra Andreeva het met vyf plekke tot sesde op die wêreldranglys gevorder nadat sy gister die Indian Wells-meestertoernooi gewen het. Die 17-jarige het in die eindstryd met die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, afgereken nadat sy nommer-twee, Iga Swiatek van Pole, in die halfeindronde uitgeskakel het. Die Amerikaners Coco Gauff, Jessica Pegula en Madison Keys is onderskeidelik derde, vierde en vyfde. Die Italianer Jasmine Paolini het teruggesak tot sewende, gevolg deur Elena Rybakina van Kazakstan, Winwen Zheng van China en nog ‘n Amerikaner, Emma Navarro.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-17-sent teen die dollar, 19-rand-78-sent teen die euro en 23-rand-52-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-743-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-992-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-94-sent per vat.
# En laastens, ‘n Dosent aan die Universiteit van die Wes-Kaap, Nikiwe Nondabula, betwyfel die toepaslikheid van William Shakespeare se werke in Afrika se klaskamers. Sy sê dis sedert die koloniale tydperk deel van Suid-Afrika se onderwysstelsel en vandag nog deel van Engelse klasse. Debatte duur egter voort of dit voorkeur moet kry bo inheemse letterkunde en taaltekste. Nondabula sê baie studente vind Shakespeare se taal verouderd en uitdagend om te verstaan, wat hulle vermoë beperk om betrokke te raak by die toneelstukke:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….