Nuus 13:00
BULLETIN 15 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus sê Amerika trek ‘n lyn in die sand met Rasool en Suid-Afrika
# Eskom bereik 16,76-miljard-rand se dieselbesparings
# En sokker: Rashford en Henderson na Engeland se groep herroep vir die Wêreldbeker kwalifiseringswedstryde
# Die Vryheidsfront Plus sê Amerika het duidelik ‘n finale lyn in die sand getrek toe hy sonder seremonie Suid-Afrika se ambassadeur, Ebrahim Rasool, uit die land geskop het. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake Marco Rubio het Rasool tot persona non grata verklaar. Die leier van die VF Plus Corné Mulder sê dit is verstommend dat Rasool in die eerste plek as ambassadeur na Amerika gestuur is, met sy mediabeeld as ‘n simpatiseerder met terroriste-organisasies soos Hamas en Hizbollah en sy houding teenoor Israel:
AfriForum sê in sy reaksie op Rubio se aankondiging oor Rasool dat dit bewys dat die ANC se diplomatieke dobbelspel misluk en die land en sy mense duur te staan sal kom. Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, beklemtoon dat die ANC-leiers en Rasool, as ‘n ontplooide kader, direkte verantwoordelikheid moet aanvaar vir die diplomatieke flater:
# Eskom sê hy het in die jaar tot datum 16,76-miljard-rand se dieselbesparings bereik. Dit verteenwoordig ‘n werklike uitgawe van 52,9-persent minder as die 31,69-miljard-rand wat in dieselfde tydperk verlede jaar bestee is. Die woordvoerder van Eskom, Daphne Mokwena, sê in die jaar-tot-datum het hulle nagenoeg 14,93-miljard-rand uitgegee aan brandstof vir die oopsiklus-gasturbine-vloot, wat onder die begroting is, en meer as twee-duisend gigawatt-uur se krag opgewek het:
# Die eThekwini-munisipaliteit se rampbestuur- en noodspanne is op ‘n hoë vlak van gereedheid terwyl swaar reën voortduur in KwaZulu-Natal. Die Weerdiens het vir vandag ‘n geel vlak vier waarskuwing uitgereik vir ernstige donderstorms in dele van die provinsie. Die woordvoerder van die metro, Gugu Sisilana, sê die rampbestuur- en noodspanne beoordeel die skade wat aangerig is deur die swaar reën wat die stad van Donderdag af teister:
# En sokker: Engeland se afrigter Thomas Tuchel sê Marcus Rashford en Jordan Henderson is aanspraakmakers vir Engeland se 2026 Wêreldbekergroep nadat hulle na sy eerste groep herroep is. Myles Lewis-Skelly van Arsenal en Dan Burn van Newcastle is albei ingesluit in Tuchel se eerste wedstryde waar hy in beheer is van hulle Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryde teen Albanië en Letland. Engeland het hulle tot Tuchel, voormalige afrigter van Chelsea, Bayern Munich en Paris Saint-Germain gewend in ‘n poging om ‘n eerste groot toernooi sedert 1966 te wen. Hulle het die laaste twee Europese Kampioenskapeindwedstryde met Gareth Southgate verloor.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….