Nuus 13:00
BULLETIN 25 Augustus 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA vra Barney Pityana om eerlik te wees oor sy kennis van die Lotery-tenderskandaal
# Minister George waarsku oor swaar strawwe vir die nie-nakoming van regulasies vir brandstofoordrag ter see
# En rugby: Erasmus hou by die Bokke wat teen die Wallabies gespeel het vir die toer na Nieu-Seeland
# BOSA is bekommerd oor die skielike bedanking van die voorsitter van die Nasionale Loterykommissie. Woordvoerder Roger Solomons sê Suid-Afrikaners verdien duidelikheid of Pityana se bedanking gekoppel is aan die omstrede Lotery-tendersproses wat reeds openbare vertroue in die kommissie ondermyn het:
# Die ANC-veteraan en voormalige minister, Naledi Pandor, sê die party het sy glorie verloor en het vergeet dat hy bestaan om die mense te dien. Sy was ‘n spreker op die Gertrude Shope-gedenklesing in Pretoria. Shope is in Mei vanjaar oorlede op die ouderdom van 99. Pandor sê landsburgers kyk met minagting, skok en skaamte na die ANC. Sy sê egter die party kan homself steeds vernuwe en die verval keer deur die regte leiers aan te stel:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê die nuwe regulasies om skip-tot-skip-brandstofoordrag in Suid-Afrikaanse gebiedswater te beheer, is ‘n belangrike stap om die oseane te beskerm. Die regulasies stel ʼn risiko-gebaseerde stelsel bekend om skade te voorkom wat brandstof-oordrag ter see kan veroorsaak. George sê nie-nakoming kan tot swaar strawwe lei, insluitend boetes van tot twee-miljoen-rand of vyf-jaar-tronkstraf, of albei.
# Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap gaan vanaf 1 September begin met nuwe verpligte digitale biometriese inskrywings vir begunstigdes in al sy kantore. Die stelsel het ten doel om toelae-betalings te verseker, die integriteit van die maatskaplike toelaag-stelsel te verbeter en bedrog wat gekoppel is aan vermeende onaktiewe rekenings te verminder. Sassa se woordvoerder, Andile Tshona, sê hierdie biometriese stelsel sal die administrasie van maatskaplike toelaes vergemaklik:
# Rugby: Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, volhard met die spelers wat in die eerste twee Rugbykampioenskapstoetse teen Australië diens gedoen het vir volgende maand se toer na Nie-Seeland. Die vleuels Kurt-Lee Arendse en Edwill van der Merwe is beseer en Makazole Mapimpi sal die toer meemaak. Cobus Wiese, die enigste voorspeler wat teen die Wallabies gespeel het wat nie in die groep is nie, is op bystand geplaas. Sy broer, Jasper, dien steeds sy skorsing uit en sal eers vir die tweede toets in Wellington beskikbaar wees.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-53-sent teen die dollar, 20-rand-51-sent teen die euro en 23-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 111-duisend-534-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-362-dollar-2-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-38-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….