Nuus 13:00
BULLETIN 6 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die GOOD-party veroordeel die DA dat hy AfriForum se besoek aan Amerika ondersteun
# Krieket: Die Australiese kolwer Steve Smith tree uit die eendag-internasionale spel
# En die Suid-Afrikaanse aktrise Crystal-Donna Roberts sterf op 41
# Die GOOD-party kritiseer die DA omdat hy AfriForum se besoek aan Washington goedkeur, en sê dis ‘n politieke toertjie om wittes se steun in die volgende verkiesing te behou. ‘n DA-afvaardiging het ook ‘n werksbesoek aan Amerika onderneem om te verseker Amerikaanse leiers kry akkurate inligting oor Suid-Afrika se plaaslike omgewing. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die DA gebruik die geleentheid om publisiteit te lok deur aanspraak te maaak op gemeenskaplike terrein met Amerika:
# Die Verkiesingskommissie is gereed vir ‘n openbare bespreking oor die moontlikheid van ‘n elektroniese kiesproses in Suid-Afrika. ‘n Driedaagse konferensie sal van Maandag tot Woensdag in Kaapstad gehou word om die debat te begin. Die konferensie sal die moontlikheid van e-stemmery ondersoek, insluitend lesse wat ander lande geleer het. Die kommissie se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, sê dit sal verkiesings verbeter, kiesers se toegang tot die kiesproses vergemaklik en hulle die geleentheid gee om die toekoms van digitale stemmery te ontwikkel:
# Die Stad Tshwane se Noodbestuursdienste sê hulle monitor steeds weerstoestande. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens ‘n vlak-2-waarskuwing vir swaar donderstorms oor die grootste gedeelte van Gauteng vir vandag uitgereik het. Die EMS-woordvoerder, Lindsay Mnguni, sê die moontlikheid van reën in Tshwane is 60-persent, met die kanse vir reën wat na verwagting teen môre tot 30-persent sal afneem:
# Krieket: Die veteraan-Australiese kolwer Steve Smith wil steeds toetse en T20’s vir sy land speel nadat hy uit internasionale eendagwedstryde getree het. Hy het die besluit aangekondig nadat sy span teen Indië verloor het in die halfeindronde van die Kampioenetrofee. Die 35-jarige Smith het 170 eendagwedstryd vir Australië gespeel sedert sy buiging in 2010 teen die Windies. Sy vyf-duisend-800 lopies sluit 12 honderdtalle in, en hy het twee Wêreldbekertitels ingepalm. Smith sê dit was ‘n ongelooflike reis en hy het elke oomblik geniet.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-34-sent teen die dollar, 19-rand-79-sent teen die euro en 23-rand-65-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 90-duisend-980-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-902-dollar-99-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 69-dollar-35-sent per vat.
# En ten slotte: Die Suid-Afrikaanse aktrise Crystal-Donna Roberts het in die ouderdom van 41 gesterf. Sy het in 2019 aangekondig sy is met borskanker gediagnoseer en het ‘n dubbele mastektomie ondergaan, maar die kanker het versprei. Roberts het in Kaapstad grootgeword en ‘n graad in drama aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf, waarna sy ‘n drama-onderwyseres was in ‘n Wes-Kaapse skool. Haar toneelspelloopbaan het rolle in Sewende Laan, Fynskrif, Die Byl, Getroud met Rugby en Arendsvlei ingesluit, en sy was ook ‘n veldaanbieder vir Pasella op SABC2.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….