Nuus 13:00
BULLETIN 1 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# COSATU sê die dood van 14 soldate in die DRK kan direk verbind word met begrotingsbesnoeings
# Minister Kubayi sê die beplande publikasie van die nasionale register van seksuele oortreders is voorlopig gestop
# En krieket: Heinrich Klaasen is oorgehaal vir die botsing teen Engeland in die Kampioenetrofee
# Cosatu sê die dood van 14 soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag verlede maand in die Demokratiese Republiek die Kongo kan direk verbind word met besparingsbegrotingsbesnoeiings. Die woordvoerder Zanele Sabele het gister aan die einde van die vakbondfederasie se bestuurkomiteevergadering gesê dit het die weermag sonder voldoende bronne gelaat, sy personeel blootgestel en sy gewondes behandeling ontsê. Sabela voeg by Denel het op die hoogtepunt van sy sukses getel onder die wêreld se beste vervaardigers van militêre toerusting, beide in die lugvaart en op land:
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling Mmamoloko Kubayi sê weens die voorsiening vir vertroulikheid- en onthulling in die Wet op Seksuele Oortredings en Verwante Sake, kan die publikasie van die wet en die nasionale register nie voorgaan soos beplan nie. Kubayi het aanvanklik beloof om die register aan die einde van Februarie beskikbaar te maak. Die woordvoerder van die ministerie Terrence Manase sê die departement daar is ‘n behoefte om die wetgewing te hersien vir sleutelhervormings, veral wat betref vertroulikheid- en onthullingsvoorsienings wat tans openbare toegang beperk:
# Die Stad Kaapstad veroordeel die voorval waarin Bingo, sy teen-rommel-maskotvoertuig en spandrywer Donderdag in Gugulethu in ‘n lokval gelei en gekaap is. Die drywer was op pad om die span op te laai vir hulle volgende skoolbesoek toe die Toyota Quantum wat Bingo vervoer, gesteel is. Die bestuurder is ongedeerd en ontvang berading. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur Grant Twigg sê die Bingo-kostuum is saam met die voertuig gesteel:
# Ure na ‘n gespanne meningverskil in die Withuis tussen president Volodymyr Zelensky van Oekraïne en die Amerikaanse president Donald Trump, het Europese leiers vinnig hulle volle steun uitgespreek vir die oorloggeteisterde land. Die botsing, wat regstreeks op televisie uitgesaai is, het uitgeloop op ‘n geskree op mekaar in die Oval Office. Europa se top-politici het op X, voorheen Twitter, hulle voortgesette, onvoorwaardelike steun uitgespreek vir Zelensky en Oekraïne. Die hoof van Buitelandse Beleid van die EU Kaja Kallas sê Oekraïne is Europa en hulle staan agter Oekraïne.
# En krieket: Heinrich Klaasen, Suid-Afrika se ballistiese middelordekolwer, is heeltemal fiks en gereed vir vandag se Kampioenetrofee-botsing teen Engeland in Karachi. Klaasen het vroeër die week die aanvangs-107-lopie-oorwinning oor Afghanistan misgeloop weens ‘n besering aan die weefsel van sy linkerelmboog. ‘n Oorwinning vir Suid-Afrika waarborg vir hulle ‘n plek in volgende week se halfeindstryd met vyf punte. Sou Engeland wen, eindig Suid-Afrika en Afghanistan met drie punte elk en die tweede plek in die groep sal dan bepaal word deur die netto-lopietempo.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….