Nuus 13:00
BULLETIN 16 Februarie 1 nm
Goeiemiddag . Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum vra Eskom en die regering om munisipale amptenare aanspreeklik te hou
# Die nuwe vise-kanselier van die UWK sê Suid-Afrikaanse universiteite het reuse strukturele uitdagings
# En minstens 18 mense sterf in ‘n stormloop by ‘n Nieu-Delhi spoorwegstasie
# AfriForum sê hy eis dat Eskom en die nasionale regering munisipale amptenare aanspreeklik hou vir die growwe wanbestuur van munisipale finansies, eerder as om betalende inwoners hulle basiese regte te ontsê. Deidré Steffens van AfriForum sê in die Vrystaat hou korrupte amptenare dorpe in ‘n wurggreep deur nie munisipale kragskuld te betaal nie, maar nou word daar van gemeenskappe verwag om die gevolge te dra:
# Die nuwe rektor en visekanselier van die Universiteit van die Wes-Kaap, professor Robert John Balfour, sê Suid-Afrikaanse universiteite het groot strukturele uitdagings. Hy sê jongmense het nie werk nie, daar is endemiese hongersnood, miljoene mense is sonder behoorlike behuising en daar is angswekkende vlakke van geweld en toenemende menseregteskendings. Balfour sê terwyl Suid-Afrikaners ‘n bydrae kan maak om die uitdagings te evalueer en voorstelle kan maak om die situasie te verbeter, kan geen universiteit op sy eie die probleme oplos nie:
# Die president van die Universiteit van die Wes-Kaap se studenteraad, McIntosh Khasembe, doen ‘n beroep op die nuwe rektor en visekanselier professor Robert Balfour om voorkeur te gee aan die persoonlike veiligheid en sekuriteit van alle studente. Khasembe sê studente voel nie veilig en ondersteun nie, nie net in die klaskamer nie maar ook op die kampus. Hy sê Balfour moet seker maak dat teen oortreders opgetree word:
# Minstens 18 mense, insluitende vier kinders, het gesterf en omtrent tien is beseer gedurende ‘n stormloop Saterdagaand by ‘n Nieu-Delhi spoorwegstasie in Indië. Passasiers het probeer om op die trein na Maha Kumbh Mela, die wêreld se grootste godsdienstige byeenkoms te klim. Die Delhi polisie sê die insident het gebeur na twee treindienste vertraag is en ‘n toestroming van mense tot ‘n stormloop aanleiding gegee het. Dit volg na nog ‘n voorval waarin 30 mense dood is in ‘n vroëoggend stormloop by die Kumbh Mela fees in die noorde van Indië.
# Gholf: Joaquin Niemann van Chile het met ‘n sewe-onder-baansyfer finale rondte van 65, die LIV Golf Adelaide titel in Australië verower. Die 26-jarige het die toernooi met 13-onder-baansyfer voltooi, drie houe voor die twee Meksikane Abraham Ancer en Carlos Ortiz. David Puig van Spanje was vierde, vier houe agter die wenner, en Engeland se Richard Bland een hou verder terug. Niemann, wat nou al drie LIV Golf titels ingepalm het, sê sy doelwit is nou om een van die major-toernooie te wen:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….