Nuus 13:00
BULLETIN 15 Februarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Referendum-party is gereed om sy Wetsontwerp op Nie-Rassigheid by die Parlement in te dien
# Die MK-party verwerp vals aansprake van leierskapgeskille
# En motorsport: Williams onthul hulle 2025 F1-motor met Carlos Sainz agter die stuur
# Die Referendum-party sê hy het nou formeel die Parlement se portefeuljekomitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling ingelig dat hy ‘n petisie by die komitee sal indien om sy Wetsontwerp op Nie-Rassigheid te aanvaar en ter tafel te lê. Die party se woordvoerder , Joan Swart, sê hulle het ook aansoek gedoen om die wetsontwerp aan die komitee voor te lê en te motiveer. Sy sê die wetsontwerp beteken in kort dat ‘n ras-gebaseerde beleid grondliggend onversoenbaar is met ‘n grondwetlike bestel wat gegrond is op nie-rassigheid:
# Die MK-party het wat hy “die opsetlike verspreiding van waninligting” noem skerp veroordeel. Dit handel oor ‘n beweerde geskil tussen die parlementêre hoofsweep, Mzwanele Manyi, en die partyleier, John Hlophe. Die woordvoerder van uMkhonto weSizwe, Nhlamulo Ndhlela, sê daar is sekere geborgde spookmediarekeninge op X, voorheen Twitter, sowel as dele van die hoofstroommedia wat onverantwoordelik vals aansprake versprei, waaronder ‘n blatante opmaak van ‘n storie wat veronderstel was om ‘n “fisiese konfrontasie” te wees tussen die twee leiers in die Parlement. Hy sê die bewerings is totaal ongegrond.
# Die Landelike en Plaaswerkersontwikkelingsorganisasie het die ontvoering, wrede aanranding en verkragting veroordeel van ‘n vroueseisoensplaaswerker, na bewering deur twee polisiebeamptes, in die Paarl in die Boland. Die woordvoerder van die organisasie Billy Claasen sê daar word beweer dat die vrou verlede Sondag opgelaai is deur twee polisielede wat voorgegee het hulle sal haar help om by haar bestemming uit te kom:
# Die voortslepende konflikte in Soedan en die Demokratiese Republiek die Kongo sal na verwagting samesprekings deur Afrika-leiers oorheers wat byeengekom het in Addis Abeba vir die 38ste Afrika Unie-spitsberaad. Die Buitelandse Sakeminister van Angola, Tete Antonio, het by die hoofkwartier van die AU in Ethiopië gesê vir die vasteland om die volhoubaarheidsteikens van 2063 te bereik, moet al Afrika se moeilikhede uitsorteer word en dit ‘n beter plek gemaak word, vry van konflikte. President Cyril Ramaphosa woon ook die konferensie by wat tot môre duur.
# En motorsport: Williams is die jongste span wat hulle 2025 F1-motor, die FW47, by Silverstone in Brittanje onthul het. Die geleentheid was die openbare debuut van die span se hoëprofiel jaers, Carlos Sainz en Alex Albon. Sainz, voorheen van Ferrari, het gister die eerste ronde in die nuwe mondering afgelê. Hy sê hy is tevrede met sy aanvanklike ondervinding agter die stuur. Williams se spanleier James Vowles beskryf die FW47 as ‘n evolusie van verlede seisoen se motor.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….