Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 Februarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF verwelkom die terugkeer van die oorskot van gesneuwelde SANW-soldate
# ‘n Gesondheidskoalisie stel verpligte mediese fonds-dekking vir hoër-inkomstegroepe voor
# En krieket: Vyf spelers van die kampioen, MI Cape Town, word ingesluit in die SA20 se span van Seisoen 3
# Die EFF verwelkom die terugkeer van die oorskot van die 14 Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-lede wat in die Demokratiese Republiek die Kongo gesterf het. Die oorhandigingseremonie aan die naasbestaandes en die gedenkdiens is na vanaand verskuif om president Cyril Ramaphosa kans te gee om dit by te woon nadat hy vanmiddag op die debat oor sy staatsrede in die Parlement reageer het. Die EFF sê dit wys blatante oneerbiedigheid aan die gesinne wat rou, en is heeltemal onaanvaarbaar.
Ramaphosa het intussen die Wetsontwerp op Plantgesondheid onderteken wat die Wet op Landbouplae van 1983 herroep. Die wetgewing sit maatreëls uiteen vir die bestryding van plantplae wat landbou, voedselsekerheid en uitvoer bedreig. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die wetgewing laat Suid-Afrika ook voldoen aan die Wêreldhandelsorganisasie se ooreenkoms oor die toepassing van sanitêre en fitosanitêre maatreëls, asook die Internasionale Konvensie oor Plantbeskerming:
# Die Universal Healthcare Access Coalition het verpligte mediese fonds-dekking voorgestel vir hoër-inkomstegroepe, wat deel sal vorm van sy plan om die gesondheidsorgstelsel te hervorm. Die koalisie, wat gesondheidsorgwerkers en voorspraakgroepe insluit, sê sy voorstel sal bekostigbaarheid en toeganklikheid verbeter terwyl ‘n mededingende privaat sektor steeds gehandhaaf word. Alex van den Heever van die koalisie voer aan die Nasionale Gesondheidsversekeringsmodel is onwerkbaar en finansieel onvolhoubaar:
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het begin om drie-duisend-359 kwekelinge by verskillende akademies op te lei. ‘n Tweede groep suksesvolle kandidate sal skriftelik in kennis gestel word wanneer hulle vir opleiding moet aanmeld. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die orige twee-duisend-186 kwekelinge sal voor die einde van die maand met hul opleiding begin:
# Krieket: Vyf spelers van die kampioen, MI Cape Town, is ingesluit in die SA20 se span van Seisoen 3, wat aangevoer word deur Aiden Markram van Sunrisers Eastern Cape. Die Kaapstadse spelers is Ryan Rickelton, Dewald Brevis, George Linde, Kagiso Rabada en Trent Boult. Paarl Royals word verteenwoordig deur Lhuan-dré Pretorius, David Miller en Joe Root. Die res van die span bestaan uit die speler van die toernooi, Marco Jansen, en sy spanmaat van Sunrisers, Richard Gleeson. Donovan Ferreira van Joburg Super Kings is twaalfdeman.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-50-sent teen die dollar, 19-rand-27-sent teen die euro en 23-rand-9-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-156-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-913-dollar-5-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-48-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….