Nuus 13:00
BULLETIN 9 Februarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering reageer op Amerika se uitvoerende bevel
# Netbal: Die Proteas seëvier oor Malawi en kom te staan teen Engeland in die eindstryd
# En president Ramaphosa betreur die heengaan van Namibië se voormalige president Sam Nujoma
# Die Suid-Afrikaanse regering het reageer op die jongste uitvoerende bevel wat uitgereik is deur die Amerikaanse president Donald Trump. Die woodvoerder van die Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin Phiri, sê dit veroorsaak groot kommer dat die grondliggende uitgangspunt van die bevel nie feitelik akkuraat is nie en nie Suid-Afrika se diepliggende en pynlike geskiedenis van kolonialisme en apartheid erken nie:
# Die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en president van Zimbabwe, Emmerson Mnangagwa, beklemtoon die streeksuitwerking van die konflik in die Demokratiese Republiek die Kongo, en vra ‘n standhoudende oplossing. Die SAOG en die Oos-Afrikaanse Gemeenskap het in Tanzanië vergader, met president Cyril Ramaphosa wat dit bygewoon het. Mnangagwa vra eenheid en lê klem op die behoefte om die Kongelese belange voorop te stel en die uitdagings te konfronteer wat vrede en bestendigheid in die streek kniehalter.
# Die families van die Suid-Afrikaanse ingenieurs Frik Potgieter en Peter Huxham herhaal hulle pleidooi aan die regerings van Suid-Afrika en Brittanje om diplomatieke pogings op te skerp om die mans uit Ekwatoriaal-Guinee vrygelaat te kry. Dit is vandag twee jaar sedert hulle gevange geneem is. Hulle bly agter tralies ondanks internasionale bevindinge dat hulle aanhouding onwettig is. Die woordvoerder van die Potgieter- en Huxham-families Francois Nigrini vra die president van Ekwatoriaal-Guinee om genade te betoon:
# Netball: Die Proteas het gister hulle onoorwonne rekord behou met ‘n 58-55 oorwinning oor Malawi in die halfeindstryd van die Vitality Nasiesbeker. Afrigter Jenny van Dyk het die groep se diepte met strategiese plaasvervangers beklemtoon met Nichole Breedt wat as speler van die wedstryd vir haar doelaanval aangewys is. Die Proteas se kaptein Khanyisa Chawane sê Suid-Afrika berei nou voor vir die opwindende eindstryd vanaand teen gasvroue England. Hulle hoop om hulle oorheersing vol te hou en die titel te verower:
# En president Cyril Ramaphosa het diepe meegevoel uitgespreek met Namibië na die dood van die stigterpresident Sam Nujoma in die ouderdom van 95. Ramaphosa loof Nujoma as ‘n buitengewone vryheidsvegter en ‘n sleutelfiguur in beide Namibië se onafhanklikheid en Suid-Afrika se bevryding. Hy betuig solidariteit met die mense en leierskap van Namibië, en vereer Nujoma se voortgesette nalatenskap en toewyding aan sy land. Ramaphosa sê die Nujoma-familie en die mense van Namibië is in dié moeilike tyd in sy gedagtes.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….