Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 27 Januarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Saftu veroordeel die regering se besluit om die Weermag in die DRK te ontplooi
# Tennis: Madison Keys verbeter tot sewende op die wêreldranglys na haar oorwinning op die Australiese Ope
# En Flight Risk van Mel Gibson is dadelik die beste rolprent by die loket
# Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, het weer die regering se besluit veroordeel om lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Demokratiese Republiek die Kongo en ander konflikgebiede te ontplooi. Dit volg nadat nege SANW-soldate verlede week in die DRK gesneuwel het in botsings met M23-rebelle. Saftu se woordvoerder, Newton Masuku, sê Suid-Afrika moet hom beywer vir ‘n terugkeer na die Afrika-unie se beginsels van vrede en diplomasie, eerder as om militêre oplossings te gebruik:
# Die DA vra ‘n parlementêre verhoor aan oor toenemende onderbrekings aan lughawedienste. Die party se woordvoerder oor Vervoer, Chris Hunsinger, sê die onlangse brandstofpompe wat gebreek het op die Kaapstadse Internasionale Lughawe en dreigende brandstoftekorte by OR Tambo lig kritieke wanbestuur uit. Hy moedig die minister van Vervoer, Barbara Creecy, en die Lughawensmaatskappy aan om ‘n duidelike herstelplan voor te lê, en waarsku voortgesette onbestendigheid bedreig die toerismesektor, beleggersvertroue en Suid-Afrika se ekonomie:
# Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die omstrede Onteieningswet is ʼn ernstige aanval op die basis van eiendomsreg en bedreig nie net boere nie, maar alle Suid-Afrikaners. Die wet wat onlangs bekragtig is, sit uiteen hoe die staat grond in sogenaamde openbare belang wil onteien. TLU SA se woordvoerder, Bennie van Zyl, sê die regering hou die wet voor as ‘n instrument vir hervorming, maar die waarheid is dat dit verreikende, negatiewe gevolge gaan hê vir voedselsekerheid, beleggersvertroue en ekonomiese bestendigheid:
# Tennis: Madison Keys het sewe posisies op die wêreldrangleer geklim tot sewende na haar eerste Grand Slam-titel in die Australiese Ope. Aryna Sabalenka van Belarus is steeds eerste nadat sy in die eindstryd teen die Amerikaner verloor het. Iga Swiatek van Pole, die Amerikaner Coco Gauff en die Italianer Jasmine Paolini is in die volgende drie plekke. Elena Rybakina van Kazakstan het tot vyfde plek verbeter, gevolg deur die Amerikaner Jessica Pegula. Qinwen Zheng van China, die Amerikaner Emma Navarro en die Spanjaard Paula Badosa voltooi die top- tien.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-54-sent teen die dollar, 19-rand-46-sent teen die euro en 23-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 99-duisend-48-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-763-dollar-33-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-34-sent per vat.
# En ten slotte: Mel Gibson se eerste fliek as regisseur sedert 2016, Flight Risk, beklee die eeste plek by die loket nadat dit dié naweek in teaters in Noord-Amerika uitgereik is. Die aksie-riller met Mark Wahlberg in die hoofrol handel oor ‘n vlieënier wat ‘n senior Lugmagoffisier en ‘n getuie na ‘n verhoor vervoer. In die tweede plek is Mufasa: the Lion King, van Disney. Sony se R-gegradeerde vriendskapskomedie, One of them Days, het teruggesak na derde plek, gevolg deur Paramount se Sonic the Hedgehog 3 en nóg ‘n Disney-fliek, Moana 2.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….