Nuus 13:00
BULLETIN 18 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister McKenzie kondig die vrystelling aan van ‘n versoekdokument vir Suid-Afrika se Formule Een-bod
# Eskom sê daar’s ‘n klein verbetering in die gemiddelde onbeplande onderbrekings in die land
# En rugby: Die Cheetahs het ‘n nuwe losskakel en heelagter na nog beserings in die groep
# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur Gayton McKenzie het die vrystelling aangekondig van die versoek-dokument aan belangstellende partye wat wil deelneem aan Suid-Afrika se bod om die Formule Een Grand Prix in 2026/2027 en daarna aan te bied. Die woordvoerder van die ministerie, Stacey-Lee Khojane, sê die bodbestuurskomitee, wat in Desember verlede jaar deur McKenzie aangestel is, moet Suid-Afrika se F1-bodproses bestuur en rig:
# Eskom sê gemiddelde onbeplande onderbrekings die afgelope week was 14-duisend-376-megawatt – ‘n klein verbetering vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Die woordvoerder Daphne Mokwena sê om te voldoen aan die vraag onder die omstandighede, is daar staatgemaak op ‘n hoër oop-siklus gasturbine-ladingsfaktor vir die tydperk onder oorsig. Sy sê jaar-tot-datum-onbeplande onderbrekings is gemiddeld 12-duisend-megawatt, wat 960-megawatt onder die somer-basisgeval van 13-duisend-megawatt is:
# Cosatu verwelkom die beëinding van die beplande kansellering van 67-duisend Gemeenskapswerkeprogram-werkers se kontrakte. Matthew Parks van die vakverbond sê die minister van Samewerkende Regering en Trasdisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, en die minister van Finansies Enoch Godongwana, het aangekondig dat fondse beskikbaar gestel is om die werkers se salarisse van Januarie tot Maart vanjaar te betaal, en daar sal verdere gesprekke wees oor die nuwe boekjaar. Parks sê ‘n progressiewe langertermyn befondsingsoplossing vir die begroting van April 2025 tot 2026 is nou nodig:
# TikTok het laat gisteraand gewaarsku die toepassing kan Sondag nie meer in Amerika beskikbaar wees as president Joe Biden se administrasie nie die versekering aan maatskappye soos Apple en Google gee dat hulle nie met afdwinging te doen sal kry wanneer ‘n verbod in werking tree nie. Die verklaring volg ure nadat die Hooggereghof ‘n verbod op TikTok in die VSA bekragtig het op grond van nasionale veiligheid, as die Chinese moedermaatskappy ByteDance dit nie verkoop nie. Dit kan binnekort duisternis beteken vir die gewilde kort-video-toepassing.
# En rugby: Die Cheetahs het ‘n nuwe losskakel en heelagter vir hulle Uitdaagbeker-wedstryd vanaand teen Lyon in Frankryk. Franco Smith neem oor by Ethan Wentzel op losskakel en Cohen Jasper vervang Michael Annies op heelagter. Hulle is weens beserings huis toe gestuur. Neels Volschenk is op die bank. Die Vrystaatse span is stert in die lug nadat hulle Zebre Parma verlede week geklop het. Afskop is om sewe-dertig vanaand.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….