Nuus 13:00
BULLETIN 11 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die dodetal na die skietery in ‘n taverne in Pienaar styg tot sewe
# Die DA doen ‘n beroep op die Departement van Handel en Nywerheid om ‘n beleid te implementeer wat fluitjieblasers vergoed
# En, die GOOD Party sê die krisis rondom die Stilfontein-sage is die regering se eie skuld
# Die dodetal na die skietery in die vroeë oggendure by ‘n taverne in Pienaar, Mpumalanga, het tot sewe gestyg met vyf ander in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal. Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling, Jackie Macie, het die voorval veroordeel en sê twee mense is vir ondervraging ingeneem. Polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, sê hulle is vol vertroue dat die oortreders aangekeer sal word:
Die DA doen ‘n beroep op die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging om ‘n departementele beleid te aanvaar wat fluitjieblasers sal vergoed as hulle korrupsie blootlê. Minister Parks Tau het vroeër bevestig die Nasionale Loterykommissie sal fluitjieblasers vergoed wat gehelp het om tot twee-miljard-rand se korrupte toelaes te ontbloot, maar toe ontslaan is, en finansiële verliese gely het. Toby Chance van die DA sê hierdie beleid moet uitbrei na die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde, wat geteister word deur bewerings van bestuursmislukkings.
# Die GOOD Party het die Hooggeregshof in Pretoria se uitspraak verwelkom waarvolgens die regering dadelik met reddingsoperasies by Skagte 10 en 11 van die Buffelsfontein-goudmyn in Stilfontein, Noordwes, moet begin. Dit volg na ‘n dringende aansoek deur Zinzi Tom, wie se broer onder die honderde mynwerkers is wat sedert Julie verlede jaar ondergronds is. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die hofuitspraak handhaaf weereens die fundamentele reg op lewe, soos deur Artikel 11 van die Grondwet gewaarborg:
# Die Amerikaanse president Joe Biden het Meta gekritiseer omdat hy feitetoetsing op Facebook, Instagram en Threads geskrap het en sê die stap is skandelik. Meta se uitvoerende hoof, Mark Zuckerberg, het Dinsdag aangekondig sy maatskappy beplan om sy Amerikaanse feitetoetsers af te dank wat die vermoë sal verswak om waninligting op sy sosiale media-webwerwe te modereer. Biden sê hierdie stap deur Meta sal daartoe lei dat onwaarhede deur miljoene mense gelees kan word:
# Rugby: Nizaam Carr is terug in die tuig en voer die Bulle vanaand aan teen Castres in Frankryk. Alulutho Tshakweni is saam met Jan-Hendrik Wessels en Mornay Smith in die voorry. JF van Heerden en Sintu Manjezi is die slotte met Kuyenzeka Xaba and Celimpilo Gumede saam met Carr die lostrio. Skrumskakel Bernard van der Linda en Boeta Chamberlain vorm die skakelpaar met Aphiwe Dyantyi en Sibongile Novuka op vleuel en Henry Immelman op heelagter. Afskoptyd is tienuur vanaand.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….