Nuus 13:00
BULLETIN 4 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom sê sy opwekkingsherstelplan het die suksesvolle heringebruikneming van Koeberg moontlik gemaak
# Die verkeerstoestande is baie besig op die N3-tolroete
# En Tennis: Osaka is in haar eerste eindstryd sedert 2022 voor die Australiese Ope
# Eskom sê die opwekkingsherstelplan het dit op 30 Desember moontlik gemaak om Eenheid 2 van die Koeberg Kernkragstasie weer suksesvol by nasionale netwerk te inkorporeer. Die waarnemende woordvoerder, Aubrey Sambo sê hierdie mylpaal volg op uitgebreide verbeterings wat deel is van ‘n omvattende langtermyn-plan om die eenheid se operasionele lewensduur met 20 jaar te verleng. Hy sê Eskom is tans besig om die eenheid tot sy volle kapasiteit van 930-megawatt te verhoog, in ooreenstemming met operasionele prosedures:
# Die N3-tolkonsessie sê baie besige verkeerstoestande word op die N3-tolroete tussen Gauteng en KwaZulu-Natal waargeneem. Die woordvoerder, Thania Dhoogra, sê daar het gister gedurende die dag, een-duisend-800 voertuie per uur noordwaarts na Gauteng beweeg en een-duisend-200 voertuie per uur suidwaarts na KwaZulu-Natal. Sy sê hierdie verkeerspatroon sal na verwagting vandag voortduur en gaan waarskynlik Sondag verder toeneem:
# Die Grensbestuursowerheid sê hy sal voortgaan om vakansiegangers te monitor sodat reisigers oor die naweek sonder probleme deur die Beitbrug-grenspos in Musina, Limpopo na Suid-Afrika kan terugkeer. Kommissaris Mike Masiapato, sê hulle kon gister meer as nege-duisend-500 mense monitor wat die grens vanaf Zimbabwe na Suid-Afrika oorgesteek het. Hy sê 70 individue is gekeer toe hulle probeer het om die grens onwettig oor te steek:
# Inwoners van die noordooste van Ethiopië is gister verskuif na tydelike skuildings toe ‘n vulkaan tekens begin toon het van uitbarsting. Die Ethiopiese Geologiese Instituut het op Facebook foto’s geplaas van wat lyk na stof en rook wat kom uit ‘n vulkaan in Awash Fentale in die Afar-streek. Plaaslike media berig inwoners is ontruim uit die gebied wat geraak word, sowat 165-kilometers van die hoofstad Addis Abeba af. Die gebied was die afgelope paar maande ook geneig tot aardbewewings en -skuddings.
# En ten slotte tennis, die voormalige wêreld nommer een, Naomi Osaka het haar eerste eindstryd sedert 2022 gehaal toe sy die ongekeurde Amerikaner, Alycia Parks in die Auckland Classic geklop het. Die Japanse viermalige Grand Slam-kampioen het 6-4, 6-2 gewen om haar selfvertroue ‘n hupstoot te gee voor die Australiese Ope wat op 12 Januarie in Melbourne begin. Osaka het in haar eerste halfeindstryd sedert 2022 meegeding, nadat sy afgevat het om in 2023 ma te word. Sy het ‘n jaar gelede teruggekeer na die sport. Die 27-jarige sal Sondag in die eindstryd teen Clara Tauson van Denemarke te staan kom.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….