Nuus 13:00
BULLETIN 28 Desember 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Veldbrande woed steeds in die Tuinroetedistrik in die Suid-Kaap
# Die Inligtingsreguleerder se hofaansoek teen Basiese Onderwys word op 7 Januarie aangehoor
# En tennis: Swiatek verwag nie Wada sal appelleer oor haar straf vir opkikkergebruik nie
# Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Suid-Kaap sê brandbestryders veg steeds teen talle veldbrande. Woordvoerder Herman Pieters sê nadat lug- en spesialis-ingrepe gebruik is om ‘n brand te bestuur wat by Jongensfontein uitgebreek het, is twee susksesvolle teenbrande gebruik om die ergste beperkingslyne te versterk. Ander gebiede wat geraak word is De Kombuis, die Koos Raubenheimerdam en die Swartberge, wes van die Swartbergpas. Pieters sê die brand naby die pas is steeds ontoeganklik vir opruimoperasies weens die moeilike terrein:
Intussen vra Stad Kaapstad president Cyril Ramaphosa en die minister van Menslike Nedersettings, Thembisile Simelane, om die noodbehuisingstoelae af te skuif na die stad en ander metro’s reg oor die land. Dit sal dit moontlik maak om kwessies wat noodbehuisingsbehoeftes raak vinnig te hanteer en binne 24-uur daarop te reageer. Die burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Carl Pophaim, sê inwoners van informele nedersettings soos Dunoon, Nomzamo in die Strand, Masiphumelele en Langa is deur brande getref:
# Die Inligtingsreguleerder se dringende aansoek om die Departement van Basiese Onderwys se plan te kelder om 2024 se matriekuitslae in koerante te laat verskyn, word op 7 Januarie aangehoor. Die verhoor vind plaas dae voor die aankondiging van die uitslae. Die reguleerder betoog die gebruik skend die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting en het die department met vyf-miljoen-rand beboet. Die departement hou vol anonieme uitslae verbreek nie wette oor privaatheid nie. As dit onderskryf word, kan die stap die einde beteken van die tradisionele publikasie van matriekuitslae.
# Eskom sê hy gebruik steeds Desember se someronderbreking om beplande onderhoud te vermeerder. Dit word gedoen om die betroubaarheid van sy opwekkingsvloot verder te verbeter terwyl baie nywerhede gesluit is. Onderhoudswerk staan gemiddeld op agt-duisend-megawatt. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die herstelplan het die bedryfsprestasie aansienlik verbeter, veral deur die vermindering van onderbrekings met 8,1-persent vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar:
# En tennis: Die wêreld-nommer-twee, Iga Swiatek, verwag nie die Wêreldagentskap teen Opkikkergebruik, Wada, sal appelleer teen die Internasionale Integriteitsagenskap se besluit om haar net vir ‘n maand te skors nie. Dit het daartoe gelei dat sy drie toernooie in Asië misgeloop en haar voorste ranglysposisie afgestaan het. Die 23-jarige Pool het in Augustus positief getoets vir ‘n hartmedikasie, maar haar verduideliking is aanvaar dat dit nie opsetlik was nie. Dit is soortgelyk aan die saak van die voorste manspeler, Jannik Sinner van Italië, maar in sy geval het Wada appelleer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….