Nuus 13:00
BULLETIN 26 Desember 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die KwaZulu-Natalse Gesondheids-LUR vra optrede teen statutêre verkragting te midde van tiener-Kersgeboortes
# Kaapstadse wapengeweld eis twee lewens oor Kersfees
# En, tennis: ‘n Dokumentêr oor die Kleikoning word vandag uitgesaai
# Die LUR vir Gesondheid in KwaZulu-Natal, Nomagugu Simelane, vra ouers om statutêre verkragtingsake in te dien teen mans wat tienermeisies swanger maak. Die provinsie het gister 47 Kersbabas verwelkom. Onder die ma’s is drie 15-jariges en ‘n 13-jarige, wat kommer oor die gemeenskap laat ontstaan. Sy beklemtoon die wetlike plig om sulke gevalle aan te meld en vra die polisie om op te tree om minderjariges te beskerm:
# Die polisie in die Wes-Kaap het bevestig ‘n tiener is op Kersdag doodgeskiet in Wellington, en nog drie is gewond. Die polisiewoordvoerder Joseph Swartbooi het ook ‘n tweede skietery bevestig in Delft, op Oukersaand. Die verdagtes in beide gevalle is nog op vrye voet en die motief vir die aanvalle word ondersoek. Swartbooi moedig enigeen met inligting aan om na vore te kom terwyl gemeenskappe worstel met die tragiese toename in wapengeweld.
# Die N1 is heropen na ‘n herwinningoperasie van 16-en-‘n-half-uur nadat ‘n vragmotor wat plofstowwe vervoer het naby Kroonstad aan die brand geslaan het. Drie mense is lig beseer. Die waarnemende bestuurder van die Vrystaatsae Nooddiens Sidney Dywili het bevestig dat brand- en noodspanne motoriste suksesvol ontruim het. Hy sê die owerhede bly op die toneel om veiligheid te verseker terwyl die ondersoek na die voorval voortduur:
# ‘n Liggaam is gevind in die wielruimte van ‘n United Airlines-vliegtuig nadat dit op Oukersaand in Hawaii geland het. Volgens die BBC het Vlug 202 Dinsdagoggend opgestyg vanaf O’Hare in Chicago, en die middag geland op die Kahului-lughawe in Maui. Die rededery sê dit bly onseker hoe of wanneer die persoon die landingstoerusting ingedring het, wat hy sê net toeganklik is van buite die Boeing 787-10 af. Hulle werk saam met wetstoepassingsagentskappe om die voorval te ondersoek.
# En, tennis: ‘n Dokumentêr oor die Spaanse legende Rafael Nadal met die titel Nadal, the King of Paris, word vandag op Eurosport uitgesaai. Dit volg sy loopbaan van die begin tot hy verlede maand op 38 uitgetree het. Die rolprent fokus ook op Nadal se ongekende 14 Franse Ope-titels uit sy totaal van 22 Grand Slam-krone. Sy landgenoot, die gewese wêreld-nommer-twee Alex Corretja, sê in die dokumentêr hy was verstom toe Nadal Roland Garros met sy eerste probeerslag gewen het, en het verwag dat hy dalk vyf of ses titels in Parys sou beklink.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….