Nuus 13:00
BULLETIN 21 Desember 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC sê die instelling van BELA-wet beëindig apartheid-era-beleid
# Twee afsonderlike botsings eis vyf lewens in die Oos-Kaap
# En, rugby: Daar is talle plaaslike derbies in die Verenigde Rugbykampioenskap
# Die ANC loof die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette as ‘n mylpaal in billike onderwys. Die sekretaris-generaal, Fikile Mbalula het die media toegespreek en die rol daarvan geprys in die aftakeling van apartheid-era-beleid en die bevordering van inklusiwiteit. Hy swaai president Cyril Ramaphosa en die regering van nasionale eenheid se geskiloplossingsmeganisme lof toe vir die deurvoer van die transformerende wetgewing, wat verseker geen kind word agtergelaat in Suid-Afrika se onderwysstelsel nie:
# Die Departement van Vervoer in die Oos-Kaap het bevestig vyf mense het gisteraand hulle lewens verloor in twee afsonderlike botsings in die provinsie. Die woordvoerder, Unathi Binqose bevestig drie sterftes op die R409 tussen Ndabakazi en Ngqamakhwe. Intussen het ‘n voertuig wat op die N2 naby Fort Jackson omgeslaan het, nog twee lewens geëis. Hy sê strafbare manslagsake word in beide voorvalle ondersoek:
# Die Presidensie het die Energieraad van Suid-Afrika lof toegeswaai oor sy besluit om bande te sny met Bain and Company. Dit volg op besware wat president Cyril Ramaphosa se kantoor geopper het. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya beskryf dit as ‘n welkome verwikkeling. Die stap kom nadat Bain, wat in 2022 verbied is om regeringswerk te doen oor ‘n korrupsieskandaal en bande met staatskaping, onbetaalde projekbestuursdienste aangebied het. Die Presidensie het vroeër die raad aangemoedig om sy verhouding met Bain te heroorweeg en McKinsey and Company se bande met georganiseerde handel gekritiseer.
# Amerika se regering het die verkoop goedgekeur van meer as 92-miljard-rand se militêre toerusting aan Egipte. Dié Afrikaland het ‘n al hoe nader vennoot geword in bemiddelling in die krisis in Gaza, ondanks ernstige kommer oor menseregte. Die transaksie sluit in 555 tenks, twee-duisend-183 Hellfire lug-tot-oppervlak missiele en presisie-geleide ammunisie. Buitelandse Sake sê die verkoop sal die buitelandse beleid en nasionale sekerheid van die Verenigde State steun deur te help met die verbetering van die sekerheid van ‘n belangrike nie-NAVO-bondgenootland wat steeds ‘n groot strategiese vennoot in die Midde-Ooste bly.
# En, rugby: Die naweek se Verenigde Rugbykampioenskap-aksie het gisteraand afgeskop met ‘n taai Ierse derby wat Munster met 22-19 gewen het teen 14-spelers van Ulster. Ierland se voorryman Tom O’Toole het in die 31ste minuut ‘n rooikaart gekry vir ‘n gevaarlike induik in ‘n losskrum. Daar is vandag nog plaaslike derbies met Benetton wat Zebre 3nm pak, die Stormers meet kragte met die Leeus om 3:45, die Haaie kom te staan teen die Bulle om 6nm en die Ospreys en die Scarlets se wedstryd begin 7:15. Leinster en Connacht sluit vandag se aksie om 7:30 af.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….