Nuus 13:00
BULLETIN 17 Augustus 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA doen ‘n beroep op Ramaphosa om 16 Augustus tot Marikana-gedenkdag te verklaar
# Die DA sê Suid-Afrika se gesondheidsfasiliteite moet nooit vir politieke gewin gebruik word nie
# En rugby: Die Cheetahs en Leeus behaal naelskraapse oorwinnings in hul Curriebeker-kragmetings
# Build One South Africa doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om 16 Augustus as Marikana-gedenkdag te verklaar ter ere aan die mynwerkers wat 13 jaar gelede dood is. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die president is deur middel van proklamasie gemagtig om enige dag te verklaar wat onderhou en herdenk moet word. Hy sê 34 mynwerkers is op 16 Julie 2012 in Marikana dood en 78 beseer, baie van hulle kritiek, omdat hulle in opstand gekom het teen hul swak lewensomstandighede en lae lone:
# Die DA sê Suid-Afrika se gesondheidsfasiliteite mag nooit vir politieke gewin misbruik word om die oppergesag van die reg te ondermyn nie. Die party het gereageer op die voortdurende xenofobiese veldtog gelei deur Operasie Dudula en ander groepe wat migrante toegang tot gesondheidsorg weier. Imran Keeka van die DA sê gesondheidsorg is ‘n reg vir almal. Die beskerming van openbare gesondheid is geleë in die behandeling van elke siek pasiënt en dis nie net grondwetlik nie, maar noodsaaklik vir die veiligheid van almal in die land:
# Die GOOD-party sê prokureurs wat opposisiepartye in die Stad Kaapstad verteenwoordig, het aan die speaker van die raad, Felicity Purchase, geskryf. Daar word aangedring dat eerskomende Dinderdag se raadsvergadering nie virtueel bygewoon word nie, maar in persoon. Jonathan Cupido van GOOD sê as die Speaker nie aan die eis voldoen nie, sal die partye ‘n hofbevel aanvra wat haar dwing om binne haar magte en die wet op te tree:
# Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê Rusland bemoeilik pogings om die oorlog te beëindig deur oproepe vir ‘n skietstilstand te verwerp. Dit volg nadat presidente Trump en Putin nie daarin kon slaag om ‘n ooreenkoms tydens Vrydag se gesprek in Alaska te bereik nie. Die Russiese leier het die vergadering egter as baie nuttig beskryf. In ‘n plasing op X het Zelensky gesê Rusland het ondanks talle oproepe vir ‘n skietstilstand, nog nie bepaal wanneer die geweld sal staak nie. Hy het Putin beskuldig dat hy nie die wil het om die aanvalle te stop nie.
# En sportnuus:
# Krieket: Harry Brook, wat vroeër vanjaar as Engeland se witbalkaptein aangestel is na die IKR-Kampioenetrofee, sal voortgaan om die span te lei in die komende tuisreeks teen Suid-Afrika. Engeland sal na verwagting drie eendagwedstryde en drie T20-wedstryde teen die Proteas speel, beginnende op 2 September in Headingley. Joe Root is slegs in die eendaggroep aangewys, terwyl snelbouler Jofra Archer in albei ingesluit is. Die snelbouler Sonny Baker het sy eerste oproep vir die eendagreeks ontvang.
# En rugby: In ‘n dramatiese dag van Curriebeker-aksie het beide die Cheetahs en die Leeus oorwinnings behaal. In Bloemfontein het die Cheetahs ‘n bonuspuntoorwinning van 31-24 oor ‘n geesdriftige Westelike Provinsie behaal, ten spyte dat hulle die wedstryd weens swak dissipline met 13 man afgesluit het. Intussen het die Leeus die Pumas met 36-35 in Nelspruit geklop, met beide spanne wat vyf drieë gedruk het. Vanmiddag pak die Bulle die Boland Kavaliers op hul tuisveld. Die Cheetahs is boaan die punteleer met die die Leeus en Griekwas wat die tweede plek deel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….