Nuus 13:00
BULLETIN 27 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Vyf mense sterf en een is gewond in ‘n vroegoggend-skietvoorval in Kaapstad
# Die Ebola-uitbreking in die DRK bereik meer as drie-duisend gevalle
# En rugby: Drie nuwelinge word ingesluit in ‘n sterk All Black-groep van 44 vir die toer na Suid-Afrika
# Vyf mense is dood en een gewond in ‘n massa-skietvoorval in ‘n huis in Gugulethu, Kaapstad. Die polisie sê twee gewapende aanvallers het in die vroeë oggendure toegang tot die huis verkry toe hulle die voordeur oopgeskop het. Polisiewoordvoerder André Traut sê vier mans en ‘n vrou is op die toneel dood en nog ‘n slagoffer is hospitaal toe geneem. Die Ernstige en Geweldsmisdaadeenheid ondersoek die aanval.
# Soil of Africa verwelkom president Cyril Ramaphosa se aanvaarding van Andrea Johnson se bedanking as hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie. Woordvoerder Luzuko Sofute sê die stryd teen korrupsie bly een van Suid-Afrika se grootste nasionale uitdagings. Hy sê Johnson se bedanking moet nooit die land se vasberadenheid verswak om korrupsie te ondersoek, te vervolg en uit te roei nie:
Ramaphosa sê intussen die regering tree ferm op teen korrupsie en misdaadnetwerke wat voordeel trek uit onreëlmatige waterkontrakte en skade aan infrastruktuur. Hy het verlede week die Nasionale Wateraksieplan vrygestel, wat die regering se plan uiteensit om die oorsake van watervoorsieningsprobleme in munisipaliteite aan te pak. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief Suid-Afrika is ‘n waterskaars land en voortgesette belegging in waterinfrastruktuur is noodsaaklik om langtermyn watervoorsiening te verseker. Hy sê almal is daartoe verbind om die waterkrisis te beëindig.
Nuus uit die buiteland:
# Die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo staan op drie-duisend-en-75 gevalle in vyf provinsies. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is byna 90-persent van die gevalle aangemeld in die noordoostelike provinsie Ituri, wat aan Suid-Soedan en Uganda grens. Die uitbreking het die twee-duisend-kerf op 15 Julie verbygesteek. Die WGO sê gesondheidsowerhede gaan voort met waarnemings-, behandelings- en inentingsveldtogte om die virus te beheer en verdere verspreiding van die dodelike siekte te voorkom.
# Rugby: Die All Black-afrigter, Dave Rennie, het ‘n sterk groep van 44 aangekondig vir die Greatest Rivalry-toer na Suid-Afrika. Hy het al 34 spelers van die suksesvolle Nasieskampioenskap-veldtog behou en nog tien bygevoeg vir die toer van sewe weke. Siale Lauaki, Josh Jacomb en Semisi Tupou Ta’eiloa is die nuwelinge terwyl die ervare Reiko Ioane een van sewe spelers is wat herroep is. Rennie verwag ʼn uitdagende toer:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-71-sent teen die dollar, 19-rand-5-sent teen die euro en 22-rand-28-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-81-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-93-dollar-51-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 90-dollar-80-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….