Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 Desember 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ATM-leier Zungula vra vir eenheid tussen die EFF en die MK-party
# 14 sterf in ‘n N9-ongeluk naby Graaff-Reinet
# En, krieket: Engeland se aanvangskolwers misluk met Nieu-Seeland op pad na ‘n groot oorwinning in die derde toets
# Die leier van die African Transformation Movement, Vuyo Zungula, glo spanning tussen die EFF en MK Party kan uit die weg geruim word, na die oorlopery deur sommige van die leierskap. Zungula het as waarnemer by die eerste herdenking van die MK-party se bestaansjaar op Newzroom Afrika gevra vir dialoog tussen die partyleiers om die breuk te herstel, ter wille van eenheid in die progressiewe koukus. Hy beklemtoon samewerking tussen diverse politieke partye bevorder groei en versterk kollektiewe pogings:
# Veertien mense is dood in ‘n botsing op die N9, 30 kilometer vanaf Graaff-Reinet in die Oos-Kaap. ’n Minibus-taxi het in die vroeë oggendure met ‘n sportsnutsvoertuig gebots. Nooddienste is op die toneel maar daar is nog nie bevestig hoeveel mense is beseer nie. Owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk. Die woordvoerder van die Oos-Kaapse Departement van Vervoer, Makhaya Komisa maan motoriste om versigtig in die gebied te bestuur:
# Die DA se oorsigbesoek aan die Vosloorus-uitbreiding 28-kliniek het skokkende toestande oopgevlek by sy Ekurhuleni-gesondheidsorgdienste. Die Vosloorusgerief, wat maandeliks tot vier-duisend pasiënte bedien, sit met ernstige personeeltekorte, onvoldoende mediese voorrade en swak onderhoudswerk. Haseena Ismail van die DA sê stukkende plafonne, lugversorgers wat nie werk nie en ‘n gebrek aan waterberging plaas klem op die verwaarlosing. Sy moedig onmiddellike optrede aan om die mislukkings aan te spreek en noodsaaklike gesondheidsorgdienste te herstel:
# MTN beplan om, hangende goedkeuring deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank, ‘n banklisensie te bekom sodat Fintech tot die nasionale betaalstelsel kan toetree. MTN bied reeds dienste met Mobile Money, soos die oorplasing van geld asook betalings en beoog om tradisionele bankborgskappe te omseil. Volgens MTN wil hy meer informele ondernemings en verbruikers met ʼn lae inkomste teiken en lok. Onlangse verbeterings sluit in ʼn vennootskap met Mastercard en internasionale oorbetalings.
# Ten slotte, krieket: Engeland het hulle aanvangskolwers, Ben Duckett en Zak Crawley, verloor in ʼn powere begin om ʼn hopelose wenteiken van 658 lopies te jaag op die derde dag van die derde toets teen Nieu-Seeland in Hamilton. Die besoekers was op 18 vir twee nadat Duckett en Crawley albei in die ses boulbeurte voor uitskeityd op dag drie hulle paaltjies verloor het. Nieu-Seeland soek nog agt paaltjies vir ʼn troos-oorwinning nadat Engeland die eerste twee toetse ingepalm het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….