Nuus 13:00
BULLETIN 14 Desember 1 nm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# SITA verwelkom ‘n ondersoek ná bestuurskommer
# Die polisie herwin ses-miljoen-rand se tik by OR Tambo Internasionale Lughawe
# En, sokker: Sundowns se Ronwen Williams is op die finale kortlys vir die CAF-toekennings
# Die raad van die Staatsinligtingstegnologie-agentskap het die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, se beroep verwelkom vir ‘n Openbare Dienskommissie-ondersoek. Sita, wat die verkryging van IT vir die staat bestuur, het te doen met uitdagings, waaronder bestuurskwessies, onregmatige verkryging en ondoeltreffendhede. Die Sita-direksie se adjunkdirekteur Stella Bvuma, sê die ondersoek sal die kommer aanspreek om die agentskap se bedrywighede te verbeter:
# Die polisie het beslag gesê op tik ter waarde van see-miljoen-rand, wat versteek was in ‘n hout snoekertafel op die OR Tambo Internasionale Lughawe. Die polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die dwelms, bestem vir Australië, is ontdek tydens in misdaadintelligensieoperasie. Sy het bevestig niemand is nog in hegtenis geneem nie, en die ondersoek duur voort:
# Die Stad Ekurhuleni het aangekondig vullisverwyderingsdienste sal soos gewoonlik voortgaan in die feestyd, maar nie op Kersdag nie. ‘n Woordvoerder, Zweli Dlamini sê in gebiede wat vir Kersdag geskeduleer is sal die diens die week daarna plaasvind, volgens die vullisverwyderingskalender. Inwoners word herinner om soos gewoonlik hul vullishouers buite te sit. Hulle word aangeraai om nie Kersgeskenke aan munisipale werkers te gee nie, met verwysing na diensleweringsonderbrekings en moontlike misbruik.
# Twee Namibiese opposisiespartye wat die uitslag van verlede maand se verkiesing wil uitdaag het gister ‘n hofbevel bekom wat hulle toelaat om verkiesingsmateriaal te inspekteer. Namibië se regerende party, SWAPO, het op 27 November beide die presidensiële en die parlementêre verkiesing gewen, en sy heerskappy van 34-jaar verleng. Die grootste opposisieparty, Independent Patriots for Change, sê daar was duidelik onregmatighede in die verkiesing.
# En, sokker: Ronwen Williams van Mamelodi Sundowns is op die finale kortlys vir CAF se drie hooftoekennings – Speler van die Jaar, Interklubspeler van die Jaar en Doelwagter van die Jaar. Hy het deurgedring vir die toekennings wat Maandag in Morokko gehou word, in die week waarin Sundowns geruk is deur die afdanking van die afrigter Manqoba Mngqithi. Williams sê hy hoop die erkenning wat hy kry, eers van die Ballon d’Or-toekennings en nou op Afrika-vlak, sal Suid-Afrikaners inspireer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….