Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 6 Desember 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Onwettige mynwerkers ly honger onder gewapende Basotho-mans
# Die Nasionale Vervolgingsgesag in Gauteng sukkel met ingewikkelde sake te midde van ‘n tekort aan aanklaers
# En, Unisa se webtuiste is aangewys as die beste in Suid-Afrika
# Ses onwettige mynwerkers wat vanoggend uit Skag 11 by Stilfontein in Noordwes na die oppervlak gekom het, beweer hulle is gedwing om met goud te betaal vir kos wat ondergronds deur Basotho-mans verkoop is. Volgens News24 is die mans Mosambiekers wat net na middernag in hegtenis geneem is. Hulle beskryf angswekkende omstandighede waar hulle pap en kakkerlakke moes eet tydens hulle drie dae-lange ontsnapping. Hulle beweer daar is nog meer as 800 mans ondergronds vasgekeer en onder beheer van gewapende mans.
# ActionSA in Gauteng sê die strafregstelsel moet heeltemal hersien word om te verseker dat misdadigers nie net aangekeer word nie, maar suksesvol vervolg word. John Moodey van die party sê ondanks talle vernuwende pogings en die onlangse daling van ses-persent in misdaadstatistiek in die provinsie, is misdaad steeds ‘n groot bron van kommer. Hy sê om misdaad doeltreffend te bekamp moet die regering die grondoorsake aanpak, soos armoede en werkloosheid:
Die Nasionale Vervolgingsgesag in Gauteng sê intussen hy sukkel steeds om ingewikkelde korrupsiesake af te handel weens ‘n tekort aan aanklaers met gespesialiseerde vaardighede. Die Noord-Gautengse direkteur van Openbare Vervolgings, Sibongile Mzinyathi, sê ondanks die uitdagings het sy kantoor ‘n indrukwekkende vervolgingskoers behaal in die sake wat hulle hanteer het, insluitend ‘n skuldigbevindingskoers van 90,5-persent in ingewikkelde handelsmisdade:
# Nou sportnuus: Die kabinet het die nasionale beleidsraamwerk oor vroue in sport goedgekeur, wat vroue se deelname aan sport en leierskaprolle moet verhoog. Die beleid gee aandag aan geslagsongelykhede en diskriminasie deur gelykheid te bevorder en te verseker vroue geniet gelyke erkenning en vergoeding as hul manlike eweknieë. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die beleid gee ook aandag aan maatreëls om vroue in sport te ondersteun, struikelblokke met befondsing te pak en geslagsgelykheid in sportkodes te verseker:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-1-sent teen die dollar, 19-rand-5-sent teen die euro en 22-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 98-duisend-198-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-643-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-54-sent per vat.
# En ten slotte: Die Universiteit van Suid-Afrika se korporatiewe webtuiste het die toekenning gewen vir die bes-ontwerpte en toeganklikste webtuiste op vanjaar se punt-z-a-toekennings in Sandton. Die geleentheid wat deur die plaaslike domeinnaam-owerheid aangebied word, gee erkenning aan die bydraes van mense en organisasies wat die internet in Suid-Afrika laat groei. FNB en SASSA is ook benoem. Professor Boitumelo Senokoane van Unisa sê die erkenning beklemtoon die instelling se onderneming om ‘n platform te skep wat voorkeur gee aan inklusiwiteit, buitengewone gebruikerservaring en hipermoderne digitale ontwerp.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….