Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 3 Desember 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Amerikaanse Kamer van Koophandel sê Suid-Afrika se G20-presidentskap is ’n mylpaal vir Afrika
# ‘n Onderwysaktivis vra leiers om openbare kritiek op minister Gwarube te vermy om geskille oor die BELA-wet by te lê
# En, ‘n Australiese vrou vind ‘n dodelike tierslang by haar voete terwyl sy bestuur
# Die Amerikaanse Kamer van Koophandel sê Suid-Afrika se presidentskap van die G20 is ʼn mylpaal in Afrika se rol om die wêreld se ekonomiese en beleidsagenda te vorm. Suid-Afrika het Sondag die eerste Afrika-land sedert die stigting van die G20 geword om die presidentskap te beklee. Die president van die kamer se Amerika-Afrika-sakesentrum, Kendra Gaither, sê Suid-Afrika se leierskap kom op ʼn kritieke tyd waar sakeondernemings en regerings oplossings soek vir globale probleme soos volhoubare ekonomiese groei.
# Onderwysaktivis Hendrick Makaneta vra opbouende dialoog tussen onderwysleiers oor die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette en versoek hulle om openbare aanvalle te vermy. Hy is krities oor onlangse kommentaar deur adjunkpresident Paul Mashatile en die Gautengse LUR vir onderwys, Matome Chiloane, teen die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, na haar gesprekke by NEDLAC met Solidariteit en AfriForum oor betwiste klousules. Volgens Makaneta ondermyn sulke aanvalle pogings om die onderwysstelsel te verbeter:
# Die regering waarsku Suid-Afrikaners om ekstra versigtig te wees in gebiede wat onder ʼn hittegolf deurloop. Uiterste hittetoestande kom voor in die Noord-Kaap, die Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Die woordvoerder van die Regerings- kommunikasie- en inligtingstelsel, Nonkululeko Mtshali, sê mense word aangemoedig om deur die dag baie water te drink sodat hulle nie ontwater nie:
# Krieket Australië het Todd Greenberg as sy nuwe uitvoerende hoof aangestel. Hy is die 15de persoon wat die organisasie lei sedert dit in 1982 gestig is. Greenberg is die huidige hoof van die Australiese Krieketspelersvereniging en voormalige hoof van die Nasionale Rugbyliga. Hy sal in Maart oorneem wanneer Nick Hockley uittree. Greenberg sê die spel se vinnige groei wêreldwyd skep wonderlike geleenthede, maar ook uitdagings om seker te maak Australiese krieket bly onder die topspanne.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-8-sent teen die dollar, 19-rand-4-sent teen die euro en 22-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-299-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-646-dollar-51-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-45-sent per vat.
# En ten slotte: ʼn Australiese vrou moes haarself teen ʼn dodelike tierslang in haar voertuig verdedig terwyl se teen 80 kilometer per uur op ʼn hoofweg buite Melbourne bestuur het. Die polisie in Victoria sê die kaalvoet-vrou het probeer om motoriste se aandag te trek langs die Monash-hoofweg. Sy het glo iets op haar voet gevoel en toe sy afkyk beweeg een van die wêreld se giftigste slange teen haar been op. Volgens kenners is dit feitlik ʼn wonderwerk dat die vrou lewend daarvan afgekom het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….