Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering is bekommerd oor die wydverspreide besoedeling in Gautengse riviere
# Die VF Plus sê Ekurhuleni moet ook die skuld kry vir Gauteng se waterkrisis
# En, sokker: Banyana Banyana se afrigter word ingehuldig in die Suid-Afrikaanse Heldesaal
# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Sello Seitlholo, sê die toestand van munisipaliteite se watersuiweringsaanlegte dra grootliks by tot die wydverspreide besoedeling van Gautengse waterweë. Die voorkoms van riool in strate, riviere en damme het nie eintlik verbeter na die ondersoek na alle munisipale watersuiweringstelsels en die publikasie van die Groendruppel-verslag in Desember verlede jaar nie. Seitlholo sê damme word bedreig deur besoedeling van watersuiweringstelsels, oorlaaide stelsels, gebreekte pompstasies en riool-lekkasies.
Die Vryheidsfront Plus sê intussen die Ekurhuleni-munisipaliteit dra ook by tot die huidige waterkrisis in Gauteng. Volgens die metro se jongste Water- en Sanitasie-hervormingstrategie, staan sy hernuwingskoers vir waternetwerke op 0,05-persent per jaar. Die VF Plus sê om betroubare watervoorsiening te handhaaf, is die beste praktyk vir batehernuwing, of opknapping, tussen een- en twee-persent per jaar. Hy sê soos die energiekrisis, is die waterkrisis net nog ‘n mensgemaakte probleem.
# Suid-Afrika se suikerriet-oes sal na verwagting hierdie seisoen tien-persent laer wees weens droë toestande. Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging beraam die totale oes sal laer as 17-miljoen ton wees, minder as die gebruiklike 18-miljoen ton. Hoewel dit aan die plaaslike vraag sal voldoen, sal uitvoere minder wees. Die voorsitter van die organisasie, Higgins Mdluli, glo diversifisering na volhoubare lugvaartbrandstowwe kan bydra om produksie te bevorder en terug te keer na die produksievlakke voor suikerbelasting:
# Die Departement van Basiese Onderwys het die Bana Pele-veldtog van stapel gestuur om programme vir Vroeë Kinderontwikkeling te reguleer. Dit volg nadat meer as 20-duisend sentrums, veral in lae-inkomste gebiede, glo nie geregistreer is nie. Die veldtog is daarop gemik om toesig, veiligheid en toegang tot befondsing vir kinders in hierdie programme te verbeter. Woordvoerder Terence Khala sê tot dusver het die veldtog 800 nuwe sentrums in Gauteng geregistreer, drie-duisend aansoeke ontvang en een-duisend-479 word oorweeg:
# Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, word volgende Woensdag in die Suid-Afrikaanse Heldesaal ingehuldig. Sy word vereer vir haar talle prestasies, insluitend om die span in 2022 tot ʼn geskiedkundige Afrikabeker-titel vir Vroue te voer. Ellis kry erkenning naas ander sokkerbekendes soos die afrigter van Bafana-Bafana, Ephraim Mashaba, en die legendes Neil Tovey en Lucas Radebe. Ellis sê sy is dankbaar oor die eer en beskryf dit as ’n seën.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-4-sent teen die dollar, 19-rand-13-sent teen die euro en 22-rand-97-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 87-duisend-625-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-609-dollar-27-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 68-dollar-60-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….