Nuus 13:00
BULLETIN 9 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Mbalula vra militêre ingryping in die optrede teen spazawinkels wat kos na die vervaldatum verkoop
# Mdluli appelleer teen die Regshulpraad se besluit om hom bystand te ontsê
# En, tennis: Sinner is die gunsteling in die ATP-eindtoernooi na ‘n briljante, omstrede jaar
# Die sekretaris-generaal van die ANC Fikile Mbalula moedig die Suid-Afrikaanse Weermag aan om die polisie te steun met die sluiting van spazawinkels wat kos na die vervaldatum verkoop. Onlangse gevalle van voedselvergiftiging het honderde leerders in verskeie provinsies geraak, en in sommige gevalle is sterftes aangemeld. Daarby het skole in Gauteng alle kosverkope naby hulle geriewe verbied. Mbalula plaas klem op vinnige regeringsoptrede om openbare gesondheid te beskerm:
# Die voormalige hoof van Misdaadintelligensie van die Polisie, Richard Mdluli, appelleer teen die Regshulpraad se besluit om hom bystand te weier in sy voortgesette korrupsiesaak. Die Hooggeregshof in Pretoria het ook sy aansoek verwerp dat die SAPD moet betaal vir sy regsonkoste, en hom opdrag gegee om dit te dek. Henry Mamothame van die NVG sê Mdluli het te doen met ernstige aanklagte wat verband hou met ‘n geheime polisie-omkoopgeldfonds van 2008 tot 2012:
# Eskom says beurtkrag is nou vir 226-dae lank opgeskort, wat sedert Maart gelykstaan aan sewe maande, danksy die nutsmaatskappy se Opwekkingsherstelplan. Met verbeterings in die steenkoolvloot en minder onderbrekings, sê Eskom hy het jaar-tot-jaar 14,6-miljard-rand se diesel gespaar. Nog besparings en volgehoue elektrisiteitstoevoer word verwag, wat die somer beurtkragvry behoort te maak weens versterkte infrastruktuur en onderhoudspogings.
# Die trustees van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad is teleurgesteld oor die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging se reaksie op die konsepraamwerk vir die Multisektorale Beleidsraamwerk vir MIV, TB en Seksueel-oordraagbare Infeksies. Die woordvoerder Nelson Dlamini kritiseer SALGA se onbetrokke houding en beklemtoon die dringende behoefte aan aanspreeklikheid en die mobilisering van bronne om doeltreffend die land se hoë MIV- en TB-koers teen te werk:
# En, tennis: Die Italianer Jannik Sinner hoop om ‘n gebeurtenisvolle jaar op ‘n hoë noot af te sluit deur die ATP-eindtoernooi in Turyn die eerste keer te wen. Sy opspraakwekkende seisoen het ondermeer sy eerste Grand Slam-titels in onderskeidelik Australië en Amerika opgelewer. Sinner is die enigste Italianer ooit om boaan die wêreldranglys te wees. Hy het egter vroeër vanjaar twee keer positief getoets vir die opkikker clostebol. Sinner is aanvanklik vrygespreek, maar die Wêreldagentskap teen Verbode Middels in Sport het appèl aangeteken en vra ‘n skorsing van tot twee jaar.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….