Nuus 13:00
BULLETIN 20 Oktober 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# RISE Mzansi gaan massaskieterye ophaal in die regering van nasionale eenheid se geskiloplossingsmeganisme
# SADOU dra sy beste wense oor aan die matrieks van 2024
# En, sokker: Manchester United slaan terug teen Brentford, met ‘n skok-nederlaag vir Arsenal
# Die president van RISE Mzansi Songezo Zibi sê hulle sal die stygende reeks massaskieterye in die land opper teenoor adjunkpresident Paul Mashatile en verteenwoordigers van politieke partye in die regering van nasionale eenheid se geskiloplossingsmeganisme op Donderdag se geskeduleerde vergadering. Twee onbekende mans het Vrydagnag vyf familielede doodgeskiet en nog twee gewond in Bityi in die Oos-Kaap. Zibi sê die huidige noodtoestand vereis dat die regering ‘n plan ter tafel lê om Suid-Afrikaners veilig te hou:
# Sadou dra sy beste wense oor aan die matriekklas van 2024 terwyl hulle voorberei om môre hulle finale eksamen te begin skryf. Vanjaar is 732-duisend-448 voltydse en 136-duisend-195 deeltydse kandidate vir die eksamen geregistreer. Die woordvoerder van Sadou, Nomusa Cembi sê hulle is bekommerd dat uit die 1,1-miljoen leerders wat twee jaar gelede met graad 10 begin het, net 827-duisend hierdie eksamens sal skryf, met byna 200-duisend leerders van daardie groep wat nie deelneem nie:
# Die polisie by die OR Tambo Internaionale Lughawe het tien-kilogram renosterhoring onderskep in die vragverskepingspakhuisgebied. Die woordvoerder Athlenda Mathe sê die polisie was besig met roetine operasies toe hulle afgekom het op ‘n verdagte kunsbeeldhouwerk. Sy sê hulle het dit skandeer en na verdere ondersoek en die slyp van die beeldhouwerk, afgekom op vier stukke horing. Mathe sê niemand is in hegtenis geneem nie en ondersoeke is aan die gang na die oorsprong van die renosterhoring. Hulle verifieer ook die bestemde adres in China soos dit aangegee is op die verskepingsetiket.
# Soccer: Manchester United het teruggeveg en Brentford Saterdag 2-1 geklop vir hulle eerste oorwinning nadat hulle die vorige vyf wedstryde verloor het. Die oorwinning verlig die druk op hoofafrigter Erik ten Hag wat die afgelope paar weke moes deurloop nadat United net drie van hulle eerste tien wedstryde in alle kompetisies gewen het. Intussen het Arsenal se hoofafrigter Mikel Arteta erken sy span se skoknederlaag van 2-0 teen Bournemouth was ‘n ramp wat gewag het om te gebeur. Arsenal se nederlaag het hulle die kans laat verbeur om bo Liverpool bo-aan die punteleer te wees.
# En, hangswewers in Egipte is dié week gekonfronteer met die onverwagse gesig van ‘n rondloperhond bo-op een van die Groot Piramides. Die hond is afgeneem bo-op Khafre, die tweede hoogste piramide, waar mense nie toegelaat word nie. Die dier het blykbaar voëls gejaag by die spits van die struktuur van 136 meter hoog. Nog ‘n video die volgende dag het gewys hoe klaarblyklik dieselfde hond sy pad veilig teen die piramide gevind het. Die videos het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei, met die eerste een wat oornag miljoene keer op Instagram gekyk is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….