Nuus 13:00
BULLETIN 19 Oktober 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Vyf familielede is doodgeskiet in Bityi in die Oos-Kaap
# Die Wes-Kaapse polisiekommissaris verwelkom die arrestasie van nog drie verdagtes vir die moord op ‘n Stellenbosch-student
# En, rugby: Die Grobbelaar-rooikaart kom die Bulle duur te staan in ‘n nederlaag teen Scarlets
# Die Oos-Kaapse provinsiale polisiekommissaris Nomthetheleli Mene het alle beskikbare hulpbronne gemobiliseer om twee onbekende verdagtes op te spoor wat gisteraand vyf mense in Bityi buite Mthatha doodgeskiet het. Die woordvoerder van die polisie, Siphokazi Mawisa, sê twee onbekende mans het op die slagoffers losgebrand terwyl hulle geslaap het:
# Die polisiekommissaris van die Wes-Kaap Thembisile Patekile het die inhegtenisneming verwelkom van nog drie verdagtes in die moord op die Stellenbosch-student Jesse Mitchell. Die woordvoerder van die polisie Malcolm Pojie sê die 19-jarige eerstejaarstudent is Woensdag beroof en met ‘n skerp voorwerp aangeval terwyl hy met ‘n fiets in Borcherdstraat gery het. Hy sê Mitchell is dood as gevolg van ‘n steekwond aan sy nek:
# Kuba ondervind ‘n landwye kragonderbreking nadat sy hoof-energieaanleg gebreek het en 10-miljoen mense sonder elektrisiteit gelaat het. Netwerkamptenare sê hulle weet nie hoe lank dit sal neem om die toevoer te herstel nie. Die eiland gaan gebuk onder maande van lang kragonderbrekings, met die eerste minister wat Donderdag ‘n “energienoodtoestand” afgekondig het. Nie-noodsaaklike werkers is aangemoedig om tuis te bly en regeringsdienste wat nie deurslaggewend is nie, is opgeskort. Die eerste minister Manuel Marrero het in ‘n boodskap op televisie infrastruktuur wat agteruitgaan, brandstoftekorte en toenemende aanvraag die skuld gegee vir die probleme.
# Rugby: Die Bulle se tweede rooikaart in twee weke in die Verenigde Rugbykampioenskapseisoen het hulle ‘n groot prys laat betaal met ‘n 23-22-nederlaag Vrydagaand teen Scarlets in Llanelli. Die besoekers het in die 67ste minuut 22-18 voorgeloop, maar daar sal nog lank gepraat word oor die voordeel wat Scarlets getrek het uit die haker Johan Grobbelaar se direkte rooikaart vir ‘n hoë duikslag. Kaptein Akker van der Merwe het na die tyd gesê dit was hulle eie skuld:
# En ten slotte, die Stad Kaapstad herinner alle inwoners en besoekers dat dit streng teen die wet is om binne 300-meter van enige walvis te kom. Dit sluit per definisie ‘n persoon, vaartuig of vliegtuig in, waaronder hommeltuie. Die herinnering spruit uit die groot aantal klagtes wat verlede week ontvang is oor mense wat walvisse binne ‘n paar meter nader in Kaapstad se kuswater. Die onderburgemeester Eddie Andrews sê die stad sal, saam met die Nasionale Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing, aktief hierdie wette toepas.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….