Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 Oktober 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die nasionale polisiekommissaris sê aanvalle op polisiebeamptes en alle wetstoepassers moet glad nie geduld word nie
# Kommer oor buitelandse burgers wat voordeel trek uit die Padongelukkefonds
# En, krieket: Die Protea-vroue se kaptein sê Australië kan geklop word
# Die nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, het gewaarsku almal wat polisiebeamptes aanval, ongeag die omstandighede, sal vervolg word. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die Hooggeregshof in Mthatha in die Oos-Kaap het vyf mans gister lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op vyf polisiebeamptes by die Engcobo-polisiestasie in 2018. Sy sê ‘n aanval op ‘n polisiebeampte moet nooit geduld word nie:
# Die Padongelukkefonds is bekommerd oor buitelandse burgers wat voordeel trek uit die land se maatskaplike skemas. Die uitvoerende hoof, Collins Letsoalo, het aan die Parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge gesê die fonds se grootste bevoordeelde is ‘n burger van Switserland wat meer as 500-miljoen-rand betaal is. Hy sê sommige eisers behoort nie toegelaat te word om voordeel te trek uit die stelsel nie:
# Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, gaan optree ná klagtes oor vertragings by Binnelandse Sake. Klagtes oor die stadige uitreiking van dokumente vir kinders wat staatsteun nodig het is onder sy aandag gebring tydens verrassingsbesoeke aan Maatskaplike Ontwikkelingskantore in Ladismith en Robertson. Winde onderneem om dit met kollegas in Maatskaplike Ontwikkeling en die regering van nasionale eenheid te bespreek. Hy sê die tydige toegang tot kritieke identifikasie is belangrik vir inwoners.
# Krieket: Die Protea-vroue se kaptein, Laura Wolvaardt, glo hulle het die talent om vandag die verdedigende kampioen, Australië, in Dubai te klop in die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi. Die twee spanne het verlede jaar op Nuweland in Kaapstad in die eindstryd kragte gemeet toe Australië sy sesde titel gebuit het na ‘n oorwinning met 19 lopies. Die ander halfeindstryd vind môre plaas tussen die Wes-Indiese Eilande en Nieu-Seeland. Wolvaardt sê hulle sal hul beste spel moet opdis:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-74-sent teen die dollar, 19-rand-25-sent teen die euro en 23-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-424-dollar-27-sent. Die prys van goud is twee-duisend-678-dollar-58-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-49-sent per vat.
# En ten slotte: Bewaringsgesindes het minstens agt spesies vlermuise gevind in ʼn reeks uitgediende steenkoolmyne in die Engelse graafskap Yorkshire. Die vlermuise gebruik die mynskagte en omliggende heuwels naby Barnsley vir paring gedurende die herfs. Vlermuiswyfies kry net een kleintjie per jaar en swerming is van deurslaggewende belang vir die beveiliging van die volgende geslag vlermuise. Bewaringsgesindes sê dis belangrik om sulke projekte te monitor omdat vlermuise as ‘n groep ‘n uitstekende aanduiding gee van die algemene welstand in hulle ekostelsel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….