Nuus 13:00
BULLETIN 13 Oktober 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom sorg vir 200 dae van beurtkragopskorting
# Die polisie in KZN arresteer verdagte wat na bewering vyf familielede in Bethany met skerp voorwerp aanval
# En, tennis: Die Wêreld nommer een Jannik Sinner pak Novak Djokovic in die eindstryd van die Sjanghai Meesters
# Eskom het vandag, sedert 26 Maart vanjaar, suksesvol 200 dae se ononderbroke krag aan die land voorsien danksy sy Opwekkingsbedryfsherstelplan. Die woordvoreder van Eskom, Daphne Mokwena, sê die plan het nie net onbeplande onderbrekings met 8,6-persent verminder nie en die Energiebeskikbaarheidsfaktor met 7,7-persent verbeter nie, maar die betroubaarheid van die opwekkingsvloot verbeter. Dit het ook ‘n positiewe uitwerking op ekonomiese vooruitsigte en Eskom se winsgewendheid gehad:
# Die polisie in KwaZulu-Natal het ‘n verdagte gearresteer wat na bewering gisteraand sewe van sy familielede met ‘n skerp voorwerp aangeval het. Vyf van die slagoffers is dood in sy huis in die Bethany-distrik in Bergville. Die woordvoerder van die polisie Robert Netshiunda sê die verdagte en sy oom het by die bure gaan kuier en met hulle terugkeer het hulle sy ma in die sitkamer aangetref saam met ander mense. Hy sê die verdagte het ‘n mes op die rusbank opgetel en sy ma daarmee aangeval, maar sy het dit reggekry om uit die huis te vlug:
# Die Israelse weermag het inwoners van 22 dorpies in die suide van Libanon Saterdag beveel om gebiede noord van die Awali-rivier, wat vloei van die westelike Bekaa-vallei na die Middelandse See, te ontruim. Die opdrag in ‘n militêre verklaring, noem dorpies in die suide van Libanon wat onlangs die teikens was van Iraelse aanvalle, waarvan talle reeds amper leeg is. Die Israelse weermag sê die ontruimings is nodig vir die veiligheid van inwoners weens toenemende Hizbollah-bedrywighede.
# Tennis: Wêreld nommer een Jannik Sinner het ‘n jaareinde ATP nommer 1-posisie ingepalm deur die eindstryd van die Sjanghai Masters te bereik wat tans in die Chinese stad gespeel word. Die 23-jarige Italianer is die wenner van beide die Australiese Ope en Amerikaanse Ope en het drie van sy laaste vier kragmetings teen Djokovic gewen. Die Serwiër, wat nommer vier ter wêreld is, wil die derde man wees wat met ‘n 100ste ATP Toer-titel spog en mik na sy vyfde Sjanghai Meesterskroon.
# En ten slotte: Die Stad Kaapstad se Rampbestuursentrum het ‘n noodoefening gekoördineer by die Laerskool Van Riebeeckstrand in Melkbosstrand. Die noodoefening het saamgeval met die Internasionale Dag vir Ramprisikovermindering, wat jaarliks op 13 Oktober gehou word. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die skool is in die Voorsorgaksiesone omdat dit naby die Koeberg-kernkragaanleg geleë is:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….