Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 Oktober 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Ontleder sê die debat oor John Hlophe se geskiktheid vir die Regterlike Dienskommissie lei tot ‘n dieper politieke verval
# Nog ‘n massaskietery kom in die Oos-Kaap voor
# En, padwedlope: Johannesburg se SPAR-vrouewedloop was ’n groot sukses
# Die politieke ontleder, Mpumelelo Mkhabela, waarsku die regsgeskil oor die geskiktheid van die MK-party se parlementêre leier, John Hlophe, vir die Regterlike Dienskommissie weerspieël dieper politieke verval. Die afgedankte regter is verhinder om deel te neem aan die RDK se onderhoude vir regtersposisies wat vandag begin. Mkhabela benadruk die behoefte aan parlementêre hervormings oor geskiktheid en wys op die noodsaaklikheid van parlementêre hersiening. Hy versoek die Parlement om met hervormings te begin voor die volgende verkiesing om ‘n morele hoë grond vir LP’s te verseker.
# Die Oos-Kaapse polisie is besig met ‘n soektog ná gisteraand se moord op ses mense in Godini naby Qumbu. Vier mense is gewond. Die slagoffers was volgens berigte lede van die gemeenskapspolisieforum. Die tragedie volg net meer as ‘n week nadat 18 mense in Lusikisiki afgemaai is. Polisiewoordvoerder Majola Nkhohli sê die motief vir die jongste voorval is nog duister:
# Die Vroue-aksieveldtog Suid-Afrika hou vandag ‘n stille betoging in die Parlement om sterker optrede deur die regering te eis teen konflik-verwante seksuele geweld. Hulle sal ook ‘n griefskrif oorhandig aan lede van die Parlement se portefeuljekomitee oor Vroue, die Jeug en Mense met Gestremdhede. Die veldtog se woordvoerder, Angie Richardson, sê hulle wil bewustheid in die land skep oor die gebruik van konflik-verwante seksuele geweld as wapen:
# Padwedlope: Die organiseerders van die Johannesburgse afdeling van die SPAR-vrouewedloop sê dit was ʼn groot sukses met meer as tien-duisend deelnemers. Die Suid-Afrikaner Glenrose Xaba het die SPAR Grand Prix-titel beklink met ʼn oortuigende oorwinning oor die wedloop van tien-kilometer. Die verdedigende kampioen, Tadu Nare, was tweede en haar Ethiopiese spanmaat, Diniya Abaraya, derde. Die wedren se opbrengs ondersteun vanjaar liefdadigheidsorganisasies soos Reach for Recovery, die Smile-stigting en Headstart Kids.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-42-sent teen die dollar, 19-rand-10-sent teen die euro en 22-rand-88-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-297-dollar-38-sent. Die prys van goud is twee-duisend-651-dollar-83-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-50-sent per vat.
# En ten slotte: Die Stad Johannesburg sê hy is in sy noppies oor die opwindende Formule Een Red Bull-vertoonrengeleentheid gister in Sandton. Die F1-legende David Coulthard was agter die stuur van die kampioen RB7-motor, wat aanhangers in ekstase gehad het met sy spoed en akkuraatheid. Die metro se woordvoerder, Virgil James, sê die byeenkoms was nie net ‘n platform vir internasionale handelsmerkblootstelling nie, maar het ook tydelike werksgeleenthede geskep vir plaaslike mense:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….