Nuus 13:00
BULLETIN 6 Oktober 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa sê BELA verbeter billikheid en standaarde
# Die Lusikisiki-gedenkdiens vir 18 slagoffers vind vandag plaas
# En, sokker: Die Preston-doelskieter is vir agt wedstryde geskors en beboet na hy ‘n Blackburn-verdediger byt
# President Cyril Ramaphosa het weer die belangrikheid beklemtoon van die BELA-wet, wat ‘n meer billike onderwysstelsel wil skep. Die president het gepraat by die 24ste Nasionale Onderwystoekennings in Boksburg en die wet se fokus uitgelig op vroeë-kinderontwikkeling, die aanspreeklikheid van ouers, en inklusiwiteit. Hy moedig belanghebbers aan om die implementering van die wet te steun om eenvormige onderwysstandaarde landwyd te verseker:
# Agtien slagoffers van die Lusikisiki-massamoord word vandag gedenk op ‘n byeenkoms in die dorpie Ngobozana in Lusikisiki in die Oos-Kaap. Die slagoffers is in ‘n lokval gelei terwyl hulle voorberei het vir ‘n tradisionele plegtigheid. Die motief is nog duister, maar die polisie ondervra ‘n persoon van belang. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die slagoffers sal op 12 en 13 Oktober op twee afsonderlike begrafnisse ter ruste gelê word.
By die gedenkdiens het die burgemeester van OR Tambo Mesuli Ngqondwana diepe kommer uitgespreek oor toenemende misdaad in die Oos-Kaap. Hy het misdadigers gekritiseer vir hulle arrogansie met terreur teen inwoners. Hy gee erkenning aan die gemeenskap se gebrek aan vertroue in polisiebeskerming en vra vinnige arrestasies, terwyl hy belanghebbers aanmoedig om te verenig teen misdaad:
# Donald Trump het teruggekeer na die plek waar hy ‘n sluipmoordaanval oorleef het in Butler, Pennsylvania. Trump sê die aanvaller het hom en die “Make America Great Again”-beweging probeer stilmaak. As deel van sy veldtog vir die Withuis het Trump beloof hy sal energiepryse met die helfte sny en groot belastingverligting instel, en gesê sy Demokratiese teenstander, Kamala Harris, is sterk links. Hy het ook onderneem Amerika sal voor die einde van sy tweede termyn “Mars bereik”, sou hy herverkies word, en “geen mans in vrouesport” beloof.
# En, sokker: Die Preston-doelskieter, Milutin Osmajic, is vir agt wedstryde geskors en ’n boete van bykans 350-duisend-rand opgelê omdat hy die Blackburn-verdediger, Owen Beck, gebyt het. Die voorval was tydens ‘n gelykop Kampioenskapswedstryd sonder doele verlede maand tussen die twee klubs. Die voorspeler het tydens die verhoor erken hy het gewelddadig opgetree en ‘n teenstander gebyt. Die twee spelers kan later vandeesmaand weer teen mekaar te staan kom. Osmajic is in Montenegro se groep ingesluit wat op 14 Oktober in die Nasiesliga teen Wallis speel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….