Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 4 Oktober 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Israelse lugaanval sny Libanon af van Sirië
# Cosatu sê die regering moet sy belofte oor ‘n brandstofprys-hersiening nakom
# En, rugby: Twee pare broers is in die Haaie se opdrafspan teen die Dragons
# Libanon sê ‘n Israelse lugaanval op die Siriese grens het die belangrikste internasionale deurpad tussen die twee lande afgesny. Die Libanese kus deel ʼn grens met Israel, met wie Hizbollah in ʼn oorlog gewikkel is, asook Sirië, waar tienduisende mense skuiling soek teen die geweld wat oor die land spoel. Volgens Israel gebruik Hizbollah die pad om wapens van sy bondgenoot, Sirië, af oor die grens te bring.
# Cosatu sê die regering moet sy verbintenis nakom tot die hersiening van die brandstofprysformule en die huidige mandjie van goedere wat vrygestel is van BTW. President Cyril Ramaphosa het hom in Julie daartoe vebind en gesê die regering van nasionale eenheid sal ‘n hersiening van die brandstofprys van stapel stuur. Matthew Parks van Cosatu sê die taak is nou baie dringender met Israel se oorlog teen Libanon wat die olieprys waarskynlik weer skerp sal laat styg:
# Die Europese Unie sê hy beraadslaag met die Suid-Afrikaanse regering oor kommer oor die koolstof-grensbelasting. Die EU hou vol die plan om van 2026 af ʼn prys te heg aan die koolstofvrystellings van sommige uitvoerprodukte, is bloot om aardverwarming te bekamp. Suid-Afrika beweer egter dis ʼn eensydige en beskermende handelsmaatreël wat die land se ekonomie jaarliks meer as twee-miljard-rand gaan kos. Die EU se adjunk-ambassadeur in Suid-Afrika, Fulgencio Garrido Ruiz, sê hulle besef die wetgewing sal ʼn eksterne dimensie hê.
# Rugby: Twee pare broers is ingesluit in die Haaie se opdrafspan vir môreaand se tweede Verenigde Rugbykampioenskaps-wegwedstryd wanneer hulle in Newport, Wallis, teen die Dragons te staan kom. Die Springbok Jaden Hendrikse sluit aan by sy broer, Jordan, terwyl kaptein Vincent Tshituka en sy broer Emmanuel losvoorspelers is. Jaden se insluiting op skrumskakel is die enigste verandering wat hoofafrigter John Plumtree aan die beginspan gemaak het. Phepsi Buthelezi en Francois Venter is terug in die groep en begin op die bank. Afskop is 6.15.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-47-sent teen die dollar, 19-rand-26-sent teen die euro en 22-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-572-dollar-54-sent. Die prys van goud is twee-duisend-658-dollar-17-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-29-sent per vat.
# En ten slotte: Motoriste in die Sandtonse middestad word gewaarsku om Sondag aansienlike verkeersontwrigtings te verwag, as gevolg van Red Bull se vertoonwedren. Belangrike padsluitings sluit in Katherinestraat tussen Rivonia- en Weststraat. Alternatiewe roetes word aanbeveel. ‘n Woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Xolani Fihla, sê die departement sal die verkeer bestuur en aflaaipunte is aangewys vir e-taxidienste:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….