Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 2 Oktober 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Israelse Leër versoek die ontruiming van nog meer dorpe in die suide van Libanon
# Die DA in Gauteng is bekommerd oor die e-tolskuld wat dienslewering in gevaar stel
# En, krieket: Die Proteas begin die eendagreeks teen Ierland
# Die Israelse Leër het ‘n beroep gedoen vir die ontruiming van nog dorpe in die suide van Libanon, ‘n dag ná ‘n soortgelyke ontruimingsversoek nadat die Weermag die begin van grondaanvalle aangekondig het. Militêre woordvoerder Avichay Adraee het in ‘n plasing op sosiale media ‘n beroep op inwoners gedoen om meer as 20 nuwe dorpe in die suide van Libanon te ontruim. Die Libanese media sê ‘n Israeliese aanval het vandag Beiroet se suidelike voorstede geteiken, ná ‘n nag van herhaalde aanvalle op die gebied, waar Hizbollah heers.
Terug in Suid-Afrika:
# Die DA in Gauteng sê die finansiële las om vir die geskrapte e-tolstelsel te betaal, moes nie na die provinsie verskuif het nie. Hy sê die nasionale regering is aanspreeklik vir die skuld. Die provinsiale regering moet 30-persent van die e-tolskuld vereffen en die eerste paaiement van 3,8-miljard-rand is Maandag betaal. Ruhan Robinson van die DA sê dis onaanvaarbaar dat die skuld deur die provinsie se inkomste gedelg moet word wat reeds in die medium termyn in die begroting toegewys is:
# Die jaarlikse Spoorveiligheidskonferensie in Stellenbosch het die behoefte aan beter spoorveiligheid onthul. Die Spoorveiligheidsreguleerder se waarnemende uitvoerende hoof, Mmuso Selaledi, het die behoefte aan verbeterde spoorinfrastruktuur beklemtoon. Hy het verwys na die voorval in die Paarl waarin 24 mense beseer is, en ‘n botsing in Mpumalanga wat ses lewens geëis het. Selaledi sê veiligheidsverbeterings en tegnologiese vernuwing is nodig in die bedryf:
# Krieket: Die Proteas kom vandag in Abu Dhabi teen Ierland te staan in die eerste van drie eendagwedstryde. Dit is die laaste geleentheid vir eendag-agterlopers wat volgende jaar in die Kampioenetrofee wil speel. Suid-Afrika het 2-1 teen Afghanistan verloor en gelykop gespeel met 1-1 in ʼn T20-reeks teen Ierland. Suid-Afrika sal na verwagting tydens die toer in alle formate in Pakistan einde vanjaar hulle sterkste span kies vir eendagwedstryde terwyl hulle voorberei vir volgende jaar se Kampioenetrofee. Die wedstryd begin vanmiddag half-twee.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-38-sent teen die dollar, 19-rand-24-sent teen die euro en 23-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-512-dollar-22-sent. Die prys van goud is twee-duisend-653-dollar-99-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-38-sent per vat.
# Om mee af te sluit: Die driemalige Oscar-wenner, Daniel Day-Lewis, het sy aftrede op die lange baan geskuif om die hoofrol te vertolk in sy seun, Ronan Day-Lewis, se eerste fliek as regisseur. Hulle het die fliek, Anemone, saam geskryf en beskryf dit as die ontginning van die ingewikkelde verhoudings tussen pa’s, seuns en broers, asook die dinamika van gesinsbande. Die rolverdeling sluit Sean Bean, Samantha Morton en Samuel Bottomley in. Dis die 67-jarige Day-Lewis se eerste optrede sedert sy verskyning in Phantom Thread in 2017.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….